Soorte resepte:

Resep: Vier Melktertdag met dié maklike melktertresepte

Vandag (27 Februarie) is nasionale Melktertdag! Vier dit saam met Maroela Media met dié vyf maklike melktertresepte.

Maroela-melktert

Maak ’n Maroela-melktert en smul saam met ons!

Maroela-melktert (foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Kry die volledige resep hier.

Kampioenmelktert

Om ʼn bobaasmelktert te maak verg liefde vir dié smullekker stukkie Afrikaanse kultuur en ʼn aanvoeling vir die resep.

Dit is die raad van Bettie du Preez, ʼn voormalige Afrikaans-onderwyseres van Hoërskool Waterkloof, wat pas as Solidariteit Helpende Hand se bobaasmelktertkampioen van die Ooste gekroon is.

Bettie du Preez en haar kampioenmelktert. (Foto: verskaf)

Kry Bettie du Preez se volledige melktertresep hier.

Korslose melktert

Maroela Media-leser Olene Fourie sê sy het hierdie resep jare gelede al begin maak en dat haar kinders mal is daaroor. Sy vertel dat jy ʼn kors met Tennisbeskuitjies kan maak, maar dat sy en haar familie dit korsloos verkies.

( Argieffoto)

Kry die volledige resep hier.

Portugese melktert vir Jo da Silva

Kikker jou melktertresepteboek met hierdie Portugese weergawe van die gereg op.

Pastel de nata (meervoud: pastéis de nata) is ʼn soort melktert met donker karamellisering bo-op. (Foto: Verskaf)

Kry die volledige resep hier.

Melktert

Tradisionele melktert sal enigiemand se harte vinniger laat klop.

Melktert (Foto: Lapa-uitgewers)

Kry die volledige resep hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.