Soorte resepte:

Resep: Vrugte-en-neuteblokkies

Neute-blokkies

Argieffoto (Foto: Uitpakkos/Lapa Uitgewers)

ʼn Tweelaaglekkerny vol neute en vrugte wat tot 3 maande bevries kan word.

Lewer 24 blokkies

Bestanddele

  • 100 ml ( 90 g) sagte margarien
  • 80 ml (75 g) strooisuiker
  • 1 groot eier, geskei (behou wit vir bolaag)
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 300 ml (150 g) koekmeel
  • 1 groot eier
  • 100 ml (80 g) strooisuiker
  • 100 ml (50 g) koekmeel
  • 2,5 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 125 ml (80 g) vrugtekoekmengsel of sultanas
  • 100 g rooi glanskersies, in kwarte gesny
  • 75 g gemengde neute, gekap
  • 250 ml (90 g) klapper

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180  ̊C.  Voer ʼn 20 x 30 cm-bakplaat met botterpapier uit en bespuit die pan en papier met kleefwerende kossproei.
  2. Verroom die margarien en strooisuiker tot lig en donsig en klop die eiergeel en geursel daarby.
  3. Sif die koekmeel en roer dit by die geroomde mengsel. Versprei die deeg op die boom van die pan en druk dit vas.
  4. Klits die eierwit, heel eier en strooisuiker tot lig en skuimerig.
  5. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout en meng dit by die eiermengsel.
  6. Voeg die vrugtekoekmengsel of sultanas, kersies, neute en klapper by en meng.
  7. Skep die mengsel oor die deeg in die pan en maak dit gelyk met die agterkant van ’n vurk.
  8. Bak 30 minute by 180  ̊C, verlaag die oondtemperatuur tot 160  ̊C en bak 15 tot 20 minute tot goudkleurig en gaar.
  9. Laat dit in die pan afkoel voordat dit gesny word. Lig die blokkies uit die pan en bêre dit in ’n lugdigte houer.

Bron: Uitpakkos
Uitgewer: Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AndrewL ·

Dit lyk baie lekker, maar die resep se bestanddele behoort beter uiteengesit te word. Maak onderskeid tussen watter bestanddeke vir watter laag bedoel is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.