Soorte resepte:

[Resep] Vrugtebroodjie

Foto: Kook saam Kaaps

Vrugtebroodjie. Foto: Kook saam Kaaps

As jy van vrugtekoek hou, sal dié broodjie jou hart baie bly maak…

1 middelslag-broodjie

Bestanddele:

  • 300 g vrugtekoekmengsel
  • 250 ml koue sterk rooibostee
  • 2 eiers
  • 180 ml suiker
  • 250 g volkoringmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 3 ml gemengde speserye

Metode:

  1. Week die vrugtekoekmengsel oornag in die koue rooibostee.
  2. Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n groot broodpan.
  3.  Roer die suiker by die vrugtemengsel en voeg dan die volkoringmeel by.
  4. Klits die eiers en roer dit deeglik deur die mengsel.
  5. Skep die deeg in die voorbereide brood pan.
  6. Bak vir 75 minute (1¼ uur) tot gaar.
  7. Keer op ‘n draadrak uit en laat afkoel.

Bron: Kook saam Kaaps
UItgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Adri ·

Dankie dit lyk nou baie lekker gaan dit definitief probeer. My man is mal oor vrugtekoek.

Elize ·

Kan die broodjie, ook soos ‘n vrugtekoek, lank bewaar word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.