Soorte resepte:

Resep: Vrugtevlegsel

Vrugtevlegsel (Foto: Lapa)

Hierdie heerlike nagereg is pragtig én feestelik.
Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 1 x 400 g-rol klaargemaakte skilferkorsdeeg
  • 15 ml koekmeel
  • 30 ml sultanas
  • 2 ongeskilde appels, ontkern en in happiegrootte stukkies gesny
  • 2 ongeskilde pere, ontkern en in happiegrootte stukkies gesny
  • 30 ml heuning
  • 45 ml appelkooskonfyt
  • fyn gemengde speserye na smaak
  • fyn kaneel na smaak
  • 1 eier, geklits

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ʼn bakplaat.
  2. Rol die skilferkorsdeeg in ʼn groot reghoek uit op ʼn meelbestrooide oppervlak. Plaas die uitgerolde deeg op die voorbereide bakplaat.
  3. Week die sultanas vir 10 minute in ʼn bietjie warm water.
  4. Meng die appels, pere, heuning en appelkooskonfyt saam.
  5. Dreineer die sultanas en roer dit deur die vrugte. Voeg die gemengde kruie en kaneel by en meng goed.
  6. Skep die vrugtemengsel in die middel van die deegreghoek. Gebruik ʼn skerp mes om agt diagonale snye aan elke kant te maak sodat dit ʼn traliewerk vorm.
  7. Maak ʼn vlegsel deur die deegrepe oor die vulsel te vou.
  8. Glaseer die bokant van die deegvlegsel met die eiers en bak dit vir 25-30 minute of tot die appels sag en die deeg goudbruin is.
  9. Sit die vrugtevlegsel saam met vanieljeroomys voor.

Resep: Lekker & vinnig: Vrugte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.