Soorte resepte:

[Resep] Wasgoedbondeltjies

Wasgoedbondeltjies

Foto: Tannie Poppie kook

Nie almal hou van wasgoed was nie, maar dié wasgoedbondeltjie klink soos min moeite!

Bestanddele:

  • 500 ml koekmeelblom
  • 5 ml bakpoeier
  • 20 ml botter of margarien
  • 1 groot eier
  • 125 ml koue water
  • 1 kg maalvleis
  • 1 ui, fyngekap
  • knoffelbotter
  • heel kruienaeltjies

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C (350 °F ).
  2. Sif die koekmeelblom en bakpoeier saam.
  3. Vryf die botter of margarien met die vingers in tot krummelrig.
  4. Klits die eier en water saam.
  5. Meng die droë bestanddele met die eiermengsel om ʼn deeg te vorm.
  6. Rol die deeg dun uit en sny in klein vierkante.
  7. Maak intussen die maalvleis en die ui in knoffelbotter gaar. Laat afkoel.
  8. Skep 15 ml (1 e) koue vleis bo-op elke vierkant en vou al vier hoeke om.
  9. Steek vas met ʼn kruienaetjie in die middel en bak 10 minute lank tot gaar.

Bron: Tannie Poppie kook
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.