Soorte resepte:

Resep: Wortelkoek

Foto ter illustrasie (Foto: Unsplash/Karolina Kolodziejczak)

Hierdie koek lyk sommer of hy gereed is vir ʼn heerlike teepartytjie.

Bestanddele

  • 375 ml suiker
  • 250 ml kookolie
  • 4 eiers
  • 500 ml wortels, fyngerasper
  • 500 ml koekmeel
  • 10 ml koeksoda
  • 10 ml kaneel
  • 5 ml sout

VERSIERSEL

  • 125 g geroomde maaskaas of roomkaas
  • 125 g sagte botter
  • 500 ml versiersuiker, gesif

Metode

  1. Klits die suiker en olie saam tot die suiker gesmelt het. Klits die eiers by. Voeg die wortels by.
  2. Sif die droë bestanddele saam en voeg dit geleidelik by.
  3. Skep die beslag in twee gesmeerde koekpanne van 20 cm in deursnee, wat met was- of bakpapier uitgevoer is.
  4. Bak dit 40 minute lank teen 180 °C. Laat die koek 10 minute lank in die panne afkoel en keer dit op afkoelrakkies uit.
  5. VERSIERSEL: Klits al die bestanddele saam en smeer dit tussen die koeklae en bo-op.

Bron: 50 Boerekos-geregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Linx ·

En d neute?sal dt nogsteeds probeer sal maar die neute op my manier byvoeg

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.