Soorte resepte:

Resep: Wortelkoek

Wortelkoek (Foto: Unsplash/Karolina Kolodziejczak)

Lewer twee lae van 23 cm in deursnee, drie van 20 cm in deursnee of vier van 15 cm in deursnee.

Bestanddele

  • 500 ml (2 k) grofgerasperde wortel
  • 190 ml (¾ k) sultanas
  • 100 g pekanneute, gekap
  • 125 ml fyn appel (Purity)
  • 60 ml (4 e) suurlemoensap
  • 1 suurlemoen se skil, fyn gerasper
  • 500 ml (2 k) koekmeel
  • 5 ml (1 t) bakpoeier
  • 5 ml (1 t) koeksoda
  • knippie sout
  • 10 ml (2 t) fyn kaneel
  • 5 ml (1 t) gemengde speserye
  • 4 eiers
  • 250 ml (1 k) strooisuiker
  • 190 ml (¾ k) olie
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °
  2. Meng die wortel, sultanas, pekanneute, appel, suurlemoensap en -skil.
  3. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda, sout, kaneel en speserye saam.
  4. Klits die eiers en suiker tot liggeel. Roer die olie en vanieljegeursel by.
  5. Meng die wortelmengsel met die meelmengsel. Roer dan die eiermengsel by en meng goed.
  6. Skep die beslag in gesmeerde koekpanne en bak dit in die voorverhitte oond vir ongeveer 30 minute vir die 23 cm-lae, 27 minute vir die 20 cm-lae en 25 minute vir die 15 cm-lae. Toets met ʼn toetspen vir gaarheid. As dit gaar is, sal die toetspen skoon uitkom.
  7. Laat dit effens afkoel in die panne. Keer dit dan op draadrakke uit om heeltemal af te koel voordat dit versier word.

Probeer een van hierdie lekker versiersels.

Bron: Bak dit self deur Marlene Schoeman

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Fae Fubar ·

Baie dankie, Maroela Media. Ek soek al lank na hierdie resep. Deesdae meng die tuisnywerhede al te graag piesangs in die beslag – seker om dit te rek en darem ‘n wins te maak. Hierdie volbloed wortelkoek gaan vorentoe smaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.