Soorte resepte:

Sjokolade-en brandewyntert

1 groot tert

TERT:
Bestanddele:
187 ml (¾ k) kookwater
75 ml (5 e) kakao
4 ekstragroot eiers, geskei
250 ml (1 k) strooisuiker
187 ml (¾ k) olie
60 ml (4 e) melk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
2,5 ml (½ t) kremetart
knypie fyn kaneel
1 ml sout
100 g (1 pakkie) pekanneute, gekap

STROOP:
380 g (1 blik) laevet-ingedampte melk
250 ml (1 k) sagte bruinsuiker
60 ml (4 e) brandewyn

BOLAAG:
385 g (1 blik) karamelkondensmelk
100 g (1 plak) donkersjokolade, gesmelt
125 ml ((½ k) room
Flake-sjokolade (opsioneel)

Wenk: Hierdie tert smaak net so lekker as ‘n nagereg. Sit dit louwarm voor.

Stel oond op 180°C.

Metode:
1. TERT: Meng water en kakao. Hou eenkant.
2. Klits eiergele en strooisuiker tot liggeel.
3. Roer olie, melk en vanieljegeursel by eiergeelmengsel.
4. Sif koekmeel, bakpoeier, kremetart, kaneel en sout.
5. Meng meelmengsel en kakaomengsel beurtelings by eiermengsel tot gemeng.
6. Klits eierwitte tot stywepuntstadium en vou by beslag in. Vou pekanneute in.
7. Skep beslag in groot reghoekige oondbak van 26 cm x 36 cm groot.
8. Bak vir 25 tot 30 minute of tot toetspen skoon uitkom.
9. STROOP: Begin solank met stroop sodra tert in oond gesit word.
10. Verhit ingedampte melk en bruinsuiker in kastrol tot kookpunt terwyl af en toe geroer word.
11. Draai hitte laer en laat oor matige hitte kook tot suiker opgelos is. Roer af en toe.
12. Laat sous vir 5 minute oor lae hitte kook. Roer brandewyn by en verwyder van hitte.
13. Gooi warm stroop bo-oor tert sodra dit uit oond kom.
14. BOLAAG: Roer karamelkondensmelk tot glad.
15. Voeg sjokolade by en meng goed.
16. Klits room styf en roer by sjokolademengsel.
17. Skep versiersel bo-oor tert wanneer dit amper heeltemal afgekoel is.
18. Sprinkel Flake-sjokolade bo-oor.

Oorspronklik gepubliseer in: 50 Beste gebak uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa
Prys: R135-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Magda Jacobs

Lyk heerlik!

NS: Om resep volmaak te maak tydens bak proses…neem ñ soopie brandewyn!