Soorte resepte:

Suurlemoenroomys-sondekoek

Lewer 6 porsies

Kors
1 200g-pak Tennisbeskuitjies, fyngemaak
½ k botter, gesmelt

Vulsel
¾ k kookwater
1 e mielieblom, met ‘n bietjie koue water tot ‘n pasta gemeng
1 k suiker
½ t sout
2 t gerasperde suurlemoenskil
2 ekstragroot eiers, geskei
¼ k suurlemoensap
1 k room, styfgeklits

1. Kors: Hou ‘n bietjie van die beskuitjiekrummels eenkant vir garnering. Meng die res van die krummels met gesmelte botter en druk in ‘n tertbak wat in die vrieskas gesit kan word. Plaas die kors solank in die yskas om ferm te word.
2. Vulsel: Meng die kookwater, mielieblompasta en suiker oor lae hitte saam in ‘n kastrol tot die suiker opgelos het. Laat vir ‘n paar minute prut tot dik en deurskynend.
3. Verwyder van die hitte en roer die sout en suurlemoenskil by. Laat die mengsel effens afkoel.
4. Klits die eiergele goed en roer baie stadig by suurlemoenmengsel terwyl jy aanhoudend roer.
5. Plaas die kastrol terug oor baie lae hitte en roer aanhoudend tot die mengsel effens verdik.
6. Verwyder van die hitte en roer die suurlemoensap by. Laat die vulsel heeltemal afkoel en skep in ‘n plastiekbak wat in die vrieskas gesit kan word.
7. Bedek en vries die mengsel vir 45 minute. Klits die eierwitte in ‘n skoon en droë glasbak tot stywe punte vorm. Vou by die koue mengsel in.
8. Vou die room by die mengsel in en skep in die voorbereide tertkors. Strooi die behoue krummels oor en vries die tert tot heeltemal gestol. Sit bevrore voor.

Resep oorspronklik gepubliseer in Proe Pretville.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.