Bestanddele:
1 x 400g-rol broskorsdeeg
500g groot rooi pruime
1 eier
1 e suiker
1 e room
Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C.
Smeer ‘n tertbak en voer dit met die deeg.
Prik die boom met ‘n vurk.
Halveer en ontpit die pruime en pak hulle styf teen mekaar, met die gesnyde kant na onder, in die tertbak.
Klits die eier, suiker en room saam en giet dit oor die pruime.
Bak 40 minute of tot die pasteideeg goudbruin is.
Strooi ‘n bietjie ekstra suiker oor.
Dié resep is oorspronklik gepubliseer in Evita se bossie sikelela
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Is dit wat ‘n mens ‘n man wat vroueklere aantrek noem, Tannie!!!!