Soorte resepte:

Vrugtekoekvariasie: Sjokoladevrugtekoek

Donkersjokolade

Nie almal hou van vrugtekoek nie, maar almal hou van sjokoladekoek. Beproef dié mengsel vir Kersfees!

Lewer 1 groot koek

Bestanddele

  • 200 g botter
  • 200 g klewerige bruinsuiker
  • 100 g donker sjokolade, gekap
  • 75 ml brandewyn
  • 1 t vanieljegeursel
  • 500 g vrugtekoekmengsel
  • 100 g gedroogde bosbessies
  • 100 g rooi glanskersies, in die helfte gesny
  • 100 g versuikerde skil
  • 200 g bruismeel
  • 100 g fyn amandels
  • 2 e kakao
  • 3 eiers, geklits

Metode

  1. Meng botter, suiker, sjokolade, brandewyn, geursel, vrugtekoekmengsel en gedroogde vrugte oor ’n warm plaat met matige hitte. Roer goed tot alles gemeng is. Verwyder van hitte.
  2. Verhit oond tot 150 °C en voer ’n diep koekbak met waspapier uit.
  3. Meng die bruismeel, amandels en kakao saam. Verkoel die sjokolademengsel effens en roer dan die eiers daarby in. Meng ook die meelmengsel in.
  4. Skep die mengsel in die met waspapier gevoerde bak en bak vir sowat 1½ uur of tot ʼn toetspen skoon uitkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.