Soorte resepte:

Gewilde sjokolade van mark af na 50 jaar

Chocolate Log, die sjokoladestafie wat Suid-Afrikaners donkiejare lank al ken, is van Augustus nie meer op winkelrakke beskikbaar nie.

Nestlé, die maatskappy wat dié romerige malvalekker-sjokolade vervaardig, sê die besluit om Chocolate Log uit die mark te verwyder is om meer innovasie toe te laat.

“Dit is ons doel om lekkerder en gesonder opsies aan ons kliënte te bied. Ons weet een van die groot dryfkragte in die sjokolade-kategorie is innovasie en dat verbruikers lief is vir nuwe produkte.”

“Met dit alles in ag geneem moet ons sekere produkte uit die mark verwyder sodat ons nuwes kan bekendstel,” sê Nestlé in ʼn verklaring.

Heelwat Suid-Afrikaners het op Twitter laat hoor hoe dié sjokolade deel was van hul kinderjare en dat hulle hartseer is dat dit nie meer beskikbaar gaan wees nie.

“Chocolate Log was ʼn gewilde handelsmerk vir meer as 50 jaar en ons bedank ons lojale kliënte vir hul ondersteuning deur die jare. Ons verstaan die besluit om dit te onttrek bring teleurstelling,” sê Nestlé.

Nestlé se grootste mededinger Cadbury het in 2017 ook produksie van die gewilde Tempo-sjokolade na meer as 30 jaar beëindig en dit vervang met 5-Star.

Nestlé het aangedui dat hy van plan is om ʼn verskeidenheid nuwe sjokolades in die volgende paar maande bekend sal stel om die leemte van die Chocolate Log te vul.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Frankie ·

Die eintlike rede is seker transformasie. Die wit is in die meerderheid van die die stafie

Michael ·

Skerp Frankie, in die piesangrepubliek is dit egter nie heeltemal te ver gesog om waar te wees nie

Suzette ·

Chocolate Log was my voorkeur sjokolade – dis ‘n groot verlies

Asgat ·

Solank hulle nie dit ook met Vanilla vervang, soos Cremora, Rice Crispies en ander gunstellinge nie.
Die suiker tax is seker ook nou te hoog om dit as n’ produk te behou …. #semaarnet

Pieter ·

EK het altyd van kleins af eers die malva gedeelte bo die sjokolade stafie afgeëet en dan die onderste gedeelte laaste. As jy hom in die vrieskas ‘n ruk gesit het dan het die malva gedeelte gekraak soos ‘n crunchie. Een van my lekkerste sweets gewees. As die produk nog steeds goed verkoop hoekom word dit afgehaal van die mark af??????

katerinadiekat ·

In my opinie is 5Star DIE heerlikste sjokolade op aarde.

Foefie ·

Dis baie jammer. Net soos Ivory Bar jare gelede van die mark gehaal is. Ek is ewig spyt daaroor.

Piet ·

Hierdie sjokolade-stafies is een van die goed wat belaglik duur geword het. Tex was altyd my gunsteling. Ek koop eerder ‘n plak sjokolade, meer waarde vir geld.

Jaco ·

Ek het gedink Covid-19, apartheid, wit monopolie kapitaal, wit rassisme en te min regstellende aksie en BEE is die rede vir dié shokolade se verdwyning.

Lola88 ·

Gesonder opsies? Wragtig waar!!!! Wil hulle nou regtig die bietjie plesiertjies wat ons in die lewe oor het wegvat? Het Nestlé nou ‘n limiet op hoeveel verskillende produkte hulle op die mark mag hê? Hoekom moet een produk geskrap word om plek te maak vir ‘n ander produk?

Tanya ·

Tempo & Star Sjokolade is Cadbury produkte en NIE Nestlé soos in julle berig nie…. Net die Chocolate Log is Nestlé.

Megan Swart ·

Dagsê Tanya
Dankie vir jou kommentaar. Dit moet inderdaad Cadbury wees. Ons vra om verskoning vir die flater. Die artikel is reeds gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Snowball ·

Solank Turkish Delight op aarde is, is die lewe darem nie te bitter nie.

Heinrich ·

Nestlé sal by Kellogs moet gaan leer wat gebeur indien jy namens mense besluit iets is nie gesond genoeg nie en dit summier van die mark afhaal (oorspronklike CocoPops en Strawberry Pops); niemand kan die nuwe walglike weergawes in hulle kele afkry nie dus verkoop dit nie. Diversifiseer eerder en brei ie reeks uit met iets gesonder maar moenie sukkel met ‘n treffer nie.

Pieterbusa ·

Dis ‘n jammerte. En ja die nuwe sjokkies is lekker maar ai…. Daai Tempo was darem die beste gewees

Duck ·

Solank hul net nie ‘n Rum of Whiskey sjokolade maak nie, dan is ons weer in die “sop”

Melanie ·

Ag nee man… al my gunstelinge gaan van die mark af.. Caravan was een

Sandra ·

Hmm nog ‘n instansie wat vir die verbruiker besluite neem. Gesonder sjokolade? Ek weet nie so mooi daaroor nie. Ondervinding het my geleer dat as daar op ‘n boksie of pakkie, wat jy nou al jare gebruik, maak nie saak wat dit is nie, staan “improved recipe”, dan kan jy maar weet dit is toe nie beter as die vorige produk nie. So Nestle moet maar uithaal en wys as hulle op die Chocolate Log wil verbeter.

AmY ·

Dis jammer Nestlé verwyder hierdie sjokolade.
In ander nuus: die PS ( ek dink van Cadbury) is die slegste sjokolade nog!!!

Francois Le Cochon ·

Nesle moet innoveer om by te bly by Cadbury. Top verkopers is almal van Cadbury, Lunchbar (40 miljoen per jaar in SA)

Tanya ·

Pleks dat Nestle eerder op hul Facebook en Twitter rekening meningspeiling hou om uit te vind hoe die mense daaroor voel. Hoekom iets wat verkoop van die mark afhaal en vervang met laer kwaliteit en teen duurder prys? Want enige nuwe produk gaan dubbel soveel kos veral in vandag se tye van Covid

Prikkie ·

So Al koop julle dit Gaan ons dit nog steeds verwyder net Om ons dank en waardering te wys vir julle volgehoue ondersteuning!

June ·

Toe my ma in 1944 in matriek was, was daar al Chocolate Log – met n neut bo-op, en die lekker taai wit gedeelte was bruinerig. En dit was groot, sê my ma – báie groter as nou! Nou is haar 6-jarige agterkleinkind se gunsteling “choklitjie” ook Chocolate Log. So wat gaan nog verdwyn?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.