Soorte resepte:

Gelukkige Melktertdag! Word ʼn melktertmeester

Foto: Theana Breugem/FAK

Melktert is so eie aan ons Suid-Afrikaners soos braaivleis en koeksisters en dié veelsydige dis spog boonop jaarliks met sy eie spesiale dag op 27 Februarie!

Elke behoorlike familieresepteboek spog gewoonlik met ʼn “flatervrye” melktertresep en dié dis kan verskillende baadjies aantrek: van ʼn yskoue stukkie melktert wat met kondensmelk aangemaak is (en waarvoor jou ouma haar wenkbrou sal lig en die basaartannies sal kopskud en sê “dis nie ʼn regte melktert nie”), of ʼn stukkie melktert wat pas uit die oond kom met kaneel daaroor gestrooi wat jou herinner aan al die nostalgie van lekkerkuier in die kombuis.

Of jy nou vieruur al in die kombuis staan om voor sonsopkoms te bak en bekommerd is daaroor om die veerligte lagies in die deeg te kry en of jy die vinnigste, maklikste resep wil probeer, koop nou dié baie spesiale Melktertmeester-stel in Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie vir slegs R250-00.

Dié stel bevat alles wat jy nodig het en moet weet om ʼn melktertmeester te word: wenke van ʼn melktertmeester, twee resepte (ʼn maklike en vinnige melktertresep en ʼn melktertresep vir diegene wat hul geliefdes wil beïndruk), die mooiste Maroelaboom-stensil om jou liefde vir Afrikaans en melktert te bewys, bietjie kaneel en boonop ʼn boereporselein-blikbord om jou varsgebakte melktert in te bedien.

Vyf wenke van ʼn melktertmeester:

  1. Gebruik vars volroommelk, want die lewe is te kort vir laevetmelk.
  2. Die kaneel moet die geur van die melk beklemtoon – strooi met ’n sagte hand.
  3. Gebruik liefs plaasbotter, want dis die ware Jakob.
  4. Vanieljesaadjies is stukke beter as vanieljegeursel uit ʼn botteltjie.
  5. Kondensmelk-melktert is ʼn klug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.