Soorte resepte:

Geroosterde tamatie- en kaastertjies

Resep uit Trooskos

Bestanddele

1 e (15 ml) olyfolie
250 g kersietamaties, in die helfte gesny
1 knoffelhuisie, gepers
1 x 410 g-blik tamatie-en-uiesmoor
2 t (10 ml) tamatiepasta
3 basiliekruidblare, geskeur
sout en varsgemaalde swartpeper
8 velle filodeeg
¼ k (60 g) Clover Springbok botter, gesmelt
¼ k (35 g) Clover Tusser’s-kaas, gerasper
¼ k (35 g) Clover Cheddarkaas, gerasper
’n paar takkies tiemie

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Verhit die olie in ’n pan en braai die tamaties en knoffel 3 tot 4 minute. Voeg die tamatie-en-uiesmoor by en kook 5 minute totdat die water verdamp het.
  3. Roer die tamatiepasta en basiliekruidblare by. Geur met sout en peper en verwyder van die hitte. Laat afkoel.
  4. Sny elke filodeegvel in blokkies van 8 cm en verf elke stuk met gesmelte botter. Druk vyf blokke deeg oor mekaar in die holte van ’n muffinpan, sodat dit soos ’n k lyk. Vorm nog koppies met die res van die deeg. Skep die tamatiemengsel in die filokoppies en
    strooi die kase oor.
  5. Strooi tiemie oor elke tertjie en bak 15 tot 18 minute of totdat die filodeeg goudbruin is en die kaas gesmelt het.

Genoeg vir 12 mense

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.