Soorte resepte:

Google Doodle vier dié gewilde Italiaanse gereg

Argieffoto (Foto: Pixabay)

As jy van voorneme is om dié week gesond te eet, moet jy vandag liefs verby Google se Google Doodle hou.

Dié interaktiewe platform vier vandag een van die wêreld se gewildste geregte: pizza.

Dít is ter herdenking aan “Pizzaiuolo”, die Napolitaanse kookkuns wat op hierdie dag in 2007 by Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco) se lys van ontasbare kulturele erfenisse ingesluit is.

Volgens Unesco bestaan die kulinêre praktyk ​​uit vier verskillende fases wat met die voorbereiding van die deeg, die bak daarvan in ʼn vuuroond, en sirkelbewegings deur die bakker verband hou.

Google vier die geleentheid met ʼn pizza-legkaartspeletjie wat van die gewildste pizzasoorte wêreldwyd bevat. Die speletjie daag gebruikers uit om dit te sny op grond van die soort pizza wat op die skerm vertoon word. Hoe beter gebruikers vaar, hoe meer sterre verdien hulle.

Vandag se Google Doogle vra gebruikers om een van die volgende pizzas te sny:

  • Margherita-pizza met kaas, tamaties en basiliekruid
  • Pepperoni-pizza met kaas en pepperoni
  • White-pizza met kaas, witsous, sampioene en brokkoli
  • Calabresa-pizza met kaas, Calabresa, uieringe, heel swartolywe
  • Mozzarella-pizza met kaas, orego, heel groenolywe
  • Hawaiian-pizza met kaas, ham en pynappel
  • Magyaros-pizza met kaas, salami, spek, ui en rissies
  • Teriyaki Mayonnaise-pizza met kaas, Teriyaki-hoender, seewier en mayonnaise
  • Tom Yum-pizza met kaas, garnale, sampioene, rissies en lemmetjieblare
  • Paneer Tikka-pizza met paneer, rissies, ui en paprika
  • Nageregpizza

Napels, ʼn stad aan die weskus van Italië, word oor die algemeen erken as die geboorteplek van die pizza soos wat ons dit vandag ken. Die verhaal van hierdie Napolitaanse gereg het oor die eeue ontwikkel danksy ʼn wêreldwye migrasie, ekonomiese ontwikkeling en tegnologiese vooruitgang. Internasionaal word ongeveer vyf miljard pizzas elke jaar geëet en sowat 350 snye word per sekonde in Amerika voorgesit.

Klik hier om in Google se viering van pizza te deel.

Laat hierdie berig ook jou mond water? Maroela Media het sommer ʼn hele paar pizzaresepte wat jy in die gemak van jou eie kombuis kan maak. Probeer dit gerus en laat weet ons watter een jou gunsteling is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.