Soorte resepte:

Guy Fieri-restaurant open in Pretoria

Guy Fieri (Foto: Facebook)

Die televisie-aanbieder en bekende Amerikaanse sjef Guy Fieri gaan binnekort die deure van sy eerste restaurant in Suid-Afrika oopswaai.

Fieri, veral bekend vir programme op die Food Network-kanaal soos Diners, Drive-Ins and Dives en Guy’s Big Bite, se restaurant maak op 1 April oop in die splinternuwe Menlyn Maine-sentrum in die ooste van Pretoria.

Guy Fieri Kitchen & Bar gaan van die sjef se bekendste en gewildste geregte, soos sy Spek Mac-N-Cheese-burgers asook rafelvark, verkoop.

“Ons is trots op ons grootste treffers soos burgers en unieke skemerkelkies en gaan dit beslis op die spyskaart hê, maar ons hou ook ons oë oop vir heerlike plaaslike geregte. Aan dié geregte eie aan Suid-Afrika sal ons ʼn unieke stempel gee,” het hy aan Times Live gesê.

Menlyn Maine gaan glo die eerste eko-vriendelike sentrum van sy soort wees wat uiteindelik as middelpunt vir ʼn eko-vriendelike stad gaan dien.

Die sentrum maak op 1 April oop en het benewens winkels en restaurante ook ʼn hotel en heelwat kantoorruimte.

Besoek Fieri se Facebook-blad vir foto’s van sy heerlikste disse.

Bron: Times Live

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lucas ·

Die man verstaan van kos en ek glo sy plek gaan ‘n groot sukses wees maar nie vir die gewone mense beskore nie. Sal moet wag en sien!

april fool ·

1e april … ha ha ha . daai ou sal nie sy geld hier kom mors nie lyk vi my meer na n april fools joke .

Ralph ·

Kyk, as dit n werklikheid is, gaan daai plek permanent kook

Koos1 ·

Gordan Ramsay het ‘n restaurant gehad in Kaapstad in die Waterfront, en die het nie die mas opgekom nie. Ek dink hulle wil hê dat ons in rande moet betaal vir dollar geregte.
Hy sal sukses kan maak as sy pryse bekostigbaar is. Ons moet ook onthou dat hy nie die kos self daar gaan maak nie.

Joke ·

Seker n April fools joke want Menlyn maine is klaar oop, die artikel se dit maak 1 April eers oop.

Mike ·

Ek dink hulle wou sê Times Square. Sun International het dit ook op hulle website. Dit lyk of dit waar is. Maar ja, die tyd van die jaar moet mens nog meer versigtig wees as ander tye.

Danie ·

Dit is deel van Time Square se ontwikkeling wat 1 April oopmaak. Die Hotel maak April 2018 oop en die Arena later die jaar rondom September.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.