Soorte resepte:

Hou vas Nutella! Lindt stel sjokoladesmeer bekend

Lindt-sjokoladesmeer (Foto: Instagram via Lindt)

Nadat Nutella jare lank die top-verkoper was wanneer dit kom by sjokoladesmeer, het Lindt-sjokolade nou sy eie smeer uitgebring wat vir die eerste keer noemenswaardige kompetisie vir Nutella sal beteken.

Volgens berigte sal dié nuwe Lindt-reeks uit twee verskillende smere bestaan: ʼn 25%-haselneutsmeer en ʼn kakaosmeer vir donkersjokolade-liefhebbers.

Vroeër was dié sjokoladesmeer slegs in Londen se Lindt-winkels beskikbaar en was dit daar ʼn treffer, maar nou is dit ook vir die res van die wêreld beskikbaar.

“Lindt-sjokoladesmeer is beskikbaar by al ons Lindt-handelaars en Lindt-boetieks wêreldwyd,” het dié sjokolademaatskappy op Instagram laat hoor.

Howel Australiërs eers in Mei dié nuwe smeer kan probeer, is dit reeds in Lindt-winkels reg oor Suid-Afrika beskikbaar. Een 200 g-potjie Lindt-smeer sal jou sowat R110 uit die sak jaag, in vergelyking met Nutella wat sowat R53 vir ʼn 350 g-potjie kos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Prontuit ·

Ek sal R210 ook betaal vir dit! lindt is absoluut my gunsteling en die romerigste sjokolade wat daar is , niks wat daarby kers vashou nie, oeee yummm kan nie wag om dit iewers in die hande te kry nie gaan dit op ALLES smeer ;-)

Paul ·

Ek benodig asb. die nommer van ‘n goeie dokter om my komende diabetes te behandel.

FM ·

Ek is baie lief vir donker sjokolade maar sal beslis nie dit betaal nie. Moet dit seblief nie vir my kleindogter wys nie.

SwartBees ·

Soos brandewyn….. maak ie saak hoeveel dit kos nie, dit bly n bargain.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.