Soorte resepte:

Is jy SA se melktertkampioen?

Melktert

Argieffoto.

Bak jy die lekkerste melktert in die land? Of het jy ʼn geheim of twee wat jóú melktert ʼn treffer onder die soettande maak? Deeghuys se jongste kompetisie – Suid-Afrika se Melktertkampioen – is onlangs bekendgestel en die wen-melktertresep kan landwyd in dié winkels verkoop word.

Die wenner van die kompetisie gaan boonop ook naamregte én tantieme vir elke melktert wat verkoop word, ontvang.

Michael van Niekerk, die stigter en direkteur van Deeghuys, sê melktert is by verre die gunsteling Suid-Afrikaanse nagereg én is boonop eg-Suid-Afrikaans.  “Die reuk en die geur van ʼn melktert is vir baie mense nostalgies. Melktert bring natuurlik ook gesinne saam deur die genotvolle ervaring van bak,” sê hy.

Van Niekerk sê sommige geskiedkundiges meen dié gunstelinggereg het moontlik die eerste keer in 1510 gestalte gekry, as gekyk word na die bestanddele van Thomas van der Noot se resep in die boek Een notabel boexcken van cokeryen (ʼn Voortreflike boek van kookkuns).

Dit is veral daarom dat Deeghuys vanjaar die melktert wil vier.

Indien jy vir dié kompetisie wil inskryf, moet jy die aansoekvorm op Deeghuys se webwerf voltooi voor 21 Februarie.

Twintig resepte word uit die inskrywings gekies waarna twee halfeindrondes, een in Kaapstad en een in Pretoria, met tien deelnemers elke op 25 Februarie gehou word. Vier finaliste gaan dan op 16 Maart in Kaapstad meeding vir die titel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

humor ·

A g as maar net terug gegaan kan word na ons ouers, oumas se resep dan sal dit die kampioen ene wees. So los maar hierdie muwerwetse poginkies.

E.K. ·

Kan ek nie ‘SEBLIEF ‘n beoordeelaar wees nie? Ek sal darem alte lekker proe!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.