Soorte resepte:

Jakkie Louw se pannekoek-resep

Foto: Verskaf. Jakkie Louw se pannekoek

Foto: Verskaf. Jakkie Louw se pannekoek

Dit is een van die heerlike resepte in Jakkie Louw se nuwe resepteboek, Die Beste Boereresepteboek ooit geskryf.

Bestanddele: 

4 eiers

1 liter water

1 koppie olie

kwart koppie asyn

4 koppies koekmeelblom

1 teelepel sout

4 teelepels bakpoeier

 Metode:

Klits die eiers en voeg ’n bietjie van die water by. Voeg die olie en asyn by, asook die gesifte koekmeelblom en sout om die beurt met die res van die water.

Die bakpoeier word heel laaste ingeklits.

Die pan word net vir die eerste pannekoek gesmeer. Dit behoort genoeg te wees.

Wenk: Dis beter om die mengsel in die oggend aan te maak as jy die aand wil pannekoek bak. Gooi dan eers die bakpoeier by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HEVW ·

Die resep klink vir my betreklik bekend. My moeder het op baie kerkbasaars ons almal laat bondstaan. Probeer gerus net voor die suiker en kaneel gestrooi word met n sagte kwas so n smeersel warm verdunde heuning daaoor te stryk, en wat van so n effe brandewyngeurseltjie daarmee saam. Jy eet jouself dat jy daaroor berou het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.