Soorte resepte:

Jong bakkers kan slag wys in ‘Kokkedoortjie’

Kokkedoortjie (Foto: kyknet.dstv.com)

Kokkedoortjie (Foto: kyknet.dstv.com)

Kinders tussen nege en 13 met ʼn slag vir bak en brou het nou die geleentheid om in te skryf vir kykNET se jongste werklikheidsreeks, Kokkedoortjie.

Die gewilde beoordelaars van die vorige Kokkedoor– en Koekedoor-reeks, Mari-Louis Guy en Nic van Wyk, tree as beoordelaars op in dié reeks.

Anders as in die vorige reekse kry die bakkers in Kokkedoortjie die geleentheid om ʼn familielid saam te bring as inspirasie en as ʼn kook- of bakmaat vir een of twee uitdagings.

Om in te skryf moet jy beskikbaar wees tussen 30 September tot 8 Oktober 2016 vir verfilming in Kaapstad. Alle reis- en verblyfkoste word betaal.

Inskrywingsvorms kan afgelaai word op kykNET se webwerf.

Jy kan ook Liezel Loubser van Homebrew Films kontak by 021 422 3452 of ʼn e-pos stuur na [email protected].

Besoek ook kykNET se Facebook-blad vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.