Soorte resepte:

Kaas-en-aartappel-frittata

Resep uit Trooskos

Bestanddele

1 e (15 ml) Clover Mooi River botter
1 e (15 ml) olie
1 klein ui, geskil en gekap
2 preie, in ringe gesny
6 eiers
½ k (125 ml) Clover vars room
1 knoffelhuisie, gepers
sout en varsgemaalde swartpeper
¼ k (25 g) Clover Tusser’s-kaas, fyn gerasper
¼ k (25 g) Clover Gouda- of Cheddarkaas, fyn gerasper
500 g aartappels, gekook, geskil en in skywe gesny
(of ’n mengsel van aartappel en patats)
30 ml olyfolie

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Verhit die botter en eerste maat olie in ’n pan oor matige hitte en soteer die ui en preie vir 3 tot 4 minute. Laat afkoel.
  3. Klits die eiers, room, knoffel en sout en peper saam in ’n mengbak. Voeg die gerasperde kase, aartappels en uiemengsel by. Roer deur.
  4. Verhit die tweede maat olie oor lae hitte in ’n pan wat ook in die oond gebruik kan word. Giet die eiermengsel daarin. Bak 3 minute en gebruik ’n eierspaan om die gaar rande van die frittata na die middel van die pan te trek sodat die rou eiermengsel na die kant van die pan vloei.
  5. Plaas die pan in die warm oond en bak 20 tot 25 minute, of tot die frittata net gestol is. Sny in skywe en sit voor met brosgebraaide spek en tamatie.

Genoeg vir vier persone.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.