Soorte resepte:

Kaas ʼn staatmaker vir jou kind se kosblik

(Foto: Verskaf/Rediscover Dairy)

Kaas is ʼn maklike, veelsydige produk om seker te maak jy en jou gesin kry die nodige daaglikse suiwel in. Boonop is kinders ook gewoonlik mal oor kaas en kan dit ʼn gesonde toevoeging tot ʼn kosblik wees.

Kaas is propvol proteïen, kalsium, fosfor en ander belangrike nutriënte, wat dit ʼn goeie happie vir besige kinders en families maak.

Maretha Vermaak, ʼn geregistreerde dieetkundige by Rediscover Dairy, sê kaas kan ʼn merkwaardige bydrae tot jou daaglikse nutriënt-inname maak. Boonop is kaas nog smaaklik ook.

“Die proteïen help om sterk bene en spiere om te ontwikkel en om weefsel te herstel en kalsium en fosfor help om jou tande te beskerm – daarom is dit goed om kaas te eet direk na ʼn maaltyd,” sê Vermaak.

Vermaak stel voor dat jy, as ouer wat omgee oor die voeding van groeiende kinders, hou by jou begroting wanneer jy kaas soek om te koop.

“Gelukkig is daar baie kaas-opsies op vandag se rakke – van luukse verouderde kase tot goedkoper alledaagse kase om elke begroting te pas.”

Daar is ook kase wat goed kan vries, wat help dat jy kaas in grootmaat kan koop om só geld te spaar. Kleiner pakkies gevriesde kaas is ook gerieflik en kan vinnig en maklik uitgehaal word vir gebruik.

Hier is ʼn paar praktiese wenke vir jou kind se kosblik:

  • Beplan vooruit wat jy moet koop, sodat jy seker is alles is gereed. Pak ook die kosblik die aand vooruit om seker te maak alle nodige nutriënte word gedek.
  • Betrek jou kinders wanneer hulle kosblik gepak word. So kan hulle leer oor voedingswaarde en wat gesond is.
  • Moenie altyd dieselfde kosblik pak nie. Maak gebruik van die verskeidenheid kase beskikbaar en probeer elke nou en dan iets nuuts. So bly jou kinders geïnteresseerd in hul kosblik en word hulle aangemoedig om nuwe kossoorte te probeer.
  • Balans in ʼn kosblik is baie belangrik. Kinders het ʼn verskeidenheid van kossoorte nodig soos kaas, melk of jogurt vir proteïen, brood of beskuitjies vir stysel en vars groente of vrugte vir gesonde nutriënte.
  • Onthou om drinkgoed in te pak en bly weg van sap en koeldrank met baie suiker in – water en melk is die beste opsies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Racheltjie Debeer ·

Dit klink alles baie heerlik, maar weet julle wat kos kaas deesdae? Daar is nie kaas te koop vir minder as R90 per kilogram nie, of ten minste nie in my dorp nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.