Soorte resepte:

Kombuiswenke: Wat is die verskil tussen ‘cacao’ en ‘cocoa’?

Foto: Pixabay

Die meeste mense weet nie eens daar is ʼn verskil tussen dié twee produkte wat albei van kakaobone afkomstig is nie. Kyk mooi op die verpakking watter een jy koop!

“Cacao”

“Cacao” is ʼn meer onverwerkte, suiwer vorm van kakao. Kakaobone word gedroog en gegis en dan by ʼn lae temperatuur warm gemaak. Die hitte skei die vetterige dele van die kakaobone van die res en wat oorbly, word gebruik vir “cacao”. Die vetterige dele is kakaobotter, wat vir ʼn verskeidenheid ander produkte gebruik word.

Die verwarming van die kakaobone is die sleutelproses om “cacao” te vervaardig. “Cacao” is natuurlik ryk aan nutriënte en antioksidante, wat help teen veroudering.

“Cocoa”

“Cocoa” se proses begin dieselfde as “cacao” s’n, maar daar is ʼn verskil in die verhitting van die kakaobone. “Cocoa” word by ʼn veel hoër temperatuur as “cacao” verhit. Dít veroorsaak ʼn soeter geur en ʼn verandering in die nutriëntwaarde van die produk.

Weens die hoë temperatuur waarby die kakaobone verhit word om “cocoa” te maak, bevat dit nie soveel nutriënte (voedingstowwe) soos “cacao” nie. “Cocoa” is gewoonlik goedkoper as “cacao” en makliker om in die hande te kry. Dit is ʼn meer verwerkte vorm van kakao.

Die kakaopoeier wat ons in die winkel koop wat in resepte, veral in gebak, gebruik word, word meer algemeen uit “cocoa” gemaak eerder as “cacao”. Die meeste kakaopoeier wat in die winkel gekoop word, het wel suiker en droëmelkprodukte by. Dit is nie maklik om rou, suiwer kakao in die hande te kry nie.

Dit is ook moontlik om allergies te wees vir “cocoa”, maar nie vir “cacao” nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kyk-nou-net ·

Nooit te oud om te leer nie! Baie dankie vir hierdie interessante inligting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.