Koekmeel:
Koekmeel word gemaak van sagte koring en het ʼn fyn tekstuur. Dit is ideaal vir die maak van koeke, koekies, en fyngebak wat nie veel hoef te rys nie en wat sag en krummelrig moet wees.
Broodmeel:
Broodmeel is ongebleikte harde koring, en dit het ʼn hoër gluten-inhoud as koekmeel. Brode het meer gluten nodig, want dit verskaf die elastisiteit wat nodig is om ʼn goeie brooddeeg te maak. Broodmeel is ideaal vir die maak van brood, want dit is nie so lig en sag soos koekmeel nie.
Bruismeel:
Bruismeel is koekmeel met ryselemente in. Bruismeel het reeds sout en bakpoeier in, wat addisioneel bygevoeg sou word by ʼn resep wat koekmeel gebruik. Indien ʼn resep wel bruismeel gebruik, maar jy het slegs koekmeel in jou koskas, kan jy eenvoudig 1 teelepel bakpoeier en ¼ teelepel sout vir elke koppie koekmeel gebruik.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Bruismeel …. met reiselemente in? Ryselemente
Dankie!!!!!! Ek het iets geleer vandag
Dankie, ook iets geleer waaroor ek al gewonder het.
Baie dankie, handig om te weet.