
Foto: Pixabay.com
Een van dié soute is baie beter vir jou as die ander!
Seesout
Seesout word vervaardig deur water uit seewater te verdamp, sodat net die sout oorbly. Seesout het gewoonlik baie min verwerking nodig en, afhangend van die waterbron, behou die rou sout verskeie minerale en elemente.
Tafelsout
Tafelsout word oor die algemeen van ondergrondse soutreserwes gemyn. Dié sout ondergaan meer prosessering as seesout; minerale word uit die sout gehaal en toevoegings word gemaak om byvoorbeeld klonte te voorkom en die strooi van sout te vergemaklik. Tafelsout bestaan uit sowat 99% natriumchloried.
Seesout en tafelsout het dieselfde basiese voedingswaarde, ten spyte daarvan dat seesout as die gesonder opsie voorgehou word.

Himalaja-sout (Foto: Pixabay.com)
Himalaja-sout
Dié tipe sout word geken as die natuurlikste sout in die wêreld. Omdat die vulkane en berge die sout in die Himalaja-bergreeks beskerm het, is dit onaangeraak deur moderne elemente soos lugbesoedeling. Himalaja-sout bestaan uit 85% natriumchloried, terwyl die res uitgemaak word deur meer as 80 minerale.
Dié minerale het ʼn verskeidenheid positiewe invloede op jou liggaam, wanneer dit in matigheid gebruik word. Himalaja-sout word uitgeken aan sy unieke pienkerige kleur en rein soutsmaak.
Enige van die bogenoemde tipes sout moet matig gebruik word. Die aanbeveelde hoeveelheid natriumchloried wat ʼn persoon per dag moet inneem is minder as 2,300 milligram (1 teelepel), terwyl mense tans sowat 3,400 milligram natriumchloried per dag inneem.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Goeie dag
Enige moontlikheid dat ek met die skrywer van die artikel in verbinding kan tree? Ek sal graag die inligting in meer detail wil bespreek.
Groete
Waar kan ‘n mens seldery sout koop. Is dit nog beskikbaar
Waar kan mens seldery sout koop, is dit nog beskikbaar of is daar ‘n plaas vervanger daar voor
Hierdie artikel verdien ‘n opvolg. Opdatering. Sout van binnelandse sout is jodium vry. Daar is mense wat allergies is vir jodium. Dan is daar kosher sout. Niks met geloof te doen, dit is bietjie growwer as tafel sout.
Hi julle bedoel seker natriumchloried? Nie natrium nie.