Soorte resepte:

Kosblikkie-video: Energieblokkies

 Energieblokkie_kosblikkie.jpg‘n Lekkerny is nooit te versmaai in ’n kosblik nie!  Hier is ’n vinnige manier om heerlike, en boonop gesonde, energieblokkies self te maak.

Lewer ongeveer 10 blokkies

Bestanddele

  • 1 ½ k hawermout
  • 1 k amandels, grof gekap
  • 1 k gedroogde vrugteblokkies
  • ¼ k grondboontjiebotter
  • ¼ k sagte heuning
  • bietjie sout
  • vanieljegeursel
  • ¼ k sjokoladekrummels

Metode

  1. Rooster hawermout in die oond vir 15 minute teen 170 °
  2. Meng amandels, gedroogte vrugte, hawermout, sout en vanielje saam. Voeg grondboontjiebotter en heuning by en meng weer goed.
  3. Voer ʼn bak met waspapier uit en druk die beslag daarin vas. Maak dit glad bo‑op en strooi sjokoladekrummels bo-oor.
  4. Vries vir 15 – 20 minute en sny dan in blokkies of stafies.

Wil jy tot Helpende Hand se #StopHonger-veldtog bydra om die nood van behoeftige kleuters* te verlig?
SMS die woord STOP na 38969 (SMS kos R10) en dra by tot ʼn kosblikkie vir ʼn behoeftige kleuter of besoek hul webtuiste.

*Helpende Hand Hongersnoodverslag, Aug18

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.