Soorte resepte:

Luister: Gewilde SA Kaasfees is om die draai


Kaasfees-2015

Die SA Kaasfees vind op 25 tot 27 April in Stellenbosch plaas. Foto: Winelandsweb.co.za

ʼn Ryp brie, camembert, ʼn stukkie bokmelkkaas en romerige wit bloukaas – as kaas iets is wat jou mond laat water, moet jy beslis ʼn draai by die Suid-Afrikaanse Kaasfees gaan maak. Smulpape en kaasliefhebbers kan dit groot inskryf in hul dagboek, want die fees, nou al in sy veertiende jaar, word hierdie naweek by Sandringham net buite Stellenbosch aangebied.

Esté Meyer Jansen het met Porchia Adams, bemarkings-en-kommunikasiebestuurder van die fees, in Sandringham gesels om vas te stel wat maak die fees so besonders en wat besef Suid-Afrikaners nie aldag oor ons kaassoorte nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.