Soorte resepte:

[Luister] Jong sjefs – trek die klitser en menger nader vir dié sjefkompetisie

Foto: www.pixabay.com

Foto: www.pixabay.com

The Private Hotel School in die Wes-Kaap het vroeër vandeesmaand inskrywings vir ʼn landwye skole-sjefkompetisie  geopen wat jong sjefs die geleentheid bied om blootstelling te kry in dié bedryf en groot pryse te wen.

Susina Jooste, direkteur van The Private Hotel School, sê die doel van die kompetisie is om bewustheid rondom die loopbaangeleenthede in die gasvryheidsbedryf te bevorder. “Ons wil deure oopmaak vir leerders wat ʼn loopbaan in die bedryf wil vestig. Ek dink nie hulle is bewus van die geleenthede wat beskikbaar is en wat hulle alles kan bereik nie.”

Inskrywings vir dié kompetisie is oop vir graad 11- en graad 12-leerders met ʼn passie vir kosmaak.  “Ons wil graag die onderwysers en skole ook betrokke maak, daarom stel ons ook pryse vir die skole beskikbaar. Kompetisies soos Top Tienerkok het voorheen groot name soos Herman Lensing in die bedryf gelewer. Dié kompetisie bied jong sjefs die geleentheid om naam te maak in die bedryf.”

Groot pryse is op die spel. “Die topsjef in die kompetisie wen ʼn allesomvattende beurs vir ʼn Hoër Sertifikaat in Gasvryheidsbestuur aan The Private Hotel School ter waarde van R84 900. Die ondersteunende hoërskool ontvang ʼn beurs vir afstandsonderrig vir ʼn Advanced Diploma in Hospitality Education by dié skool ter waarde van R60 000.”

Inskrywings vir die kompetisie sluit op 29 April. Die Top Vyf-aankondiging word op 27 Mei gedoen en die finale wenners op 5 en 6 Augustus aangewys by die Upington !Naba-kos-en-wynfees.

Besoek die Private Hotel School se webwerf of Facebook-blad, skakel 021 881 3792 of rig navrae aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sonja Stolper ·

Hi ! Kan julle asb regstelling doen. DIt is die !Naba Food & Wine Festival en nie ndaba nie.

Ek is die organiseerder van die fees.

Ansie Uys ·

Hi daar my dogter is tans in matriek en haar gasvryheidsjuffrou het gese sy moet inskryf. Hoe doen ons dit en waar? Kan jy asb vorms aan my stuur indien dit so gedoen moet word of die aanlyn webtuiste waar die inskrywingsvorms is.

Groete

Ansie Uys

Cyril Blackburn ·

Dagsê Sonja

Jammer vir die oorsig, ons vra om verskoning daarvoor. Die berig is gewysig.

Groetnis
Cyril namens Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.