Soorte resepte:

Maak jou braai só gesonder

(Foto: Paul Hermann/Unsplash)

Daar is min dinge so lekker saam met braaivleis soos ʼn braaibroodjie, knoffelbrood of pampoentert. Maar jou Saterdag-braai kan gesondheidrisiko’s inhou as gevolg van die hoë vet- en suikerinhoud in baie van die bykos, wat hartsiektes kan meebring.

Hier is ʼn paar maklike wenke om jou volgende braai gesonder aan te pak:

  • Wees slim wanneer jy die proteïen vir jou braai kies. Kies maer vleis soos vis en hoenderborsies sonder vel in plaas van te veel rooivleis. Indien jy wél rooivleis kies, koop eerder lende- of sagte vleis en verwyder enige sigbare vet voordat jy dit begin gaarmaak.
  • Marineer die vleis met soutvrye speserye en suurlemoen. Dit voeg wonderlike geur by en sal die soutinname verlaag. Gebruik eerder brandrissie, komyn, kaneel, swartpeper, paprika, tiemie en roosmaryn om vleis mee te geur.
  • Beperk jou vleisinname (van enige aard) tot 150 g per porsie.
  • Vul jou bord met geroosterde groente, slaai en bykos. Hoe meer kleur jy op jou bord het, hoe beter. In Suid-Afrika het ons ʼn verskeidenheid van vrugte reg deur die jaar, so maak seker om dit ook by jou braaispyskaart in te sluit. Vleis-en-groente-sosaties is altyd ʼn wenner. Voeg geel, groen en rooi soetrissies, sampioene, eiervrug, botterskorsie en murgpampoentjies by die sosatie en verf met ʼn gesonde olie voordat jy dit braai.
  • Wanneer jy slaai of bykos voorberei, moenie te veel souterige sous byvoeg nie, maak eerder jou eie gesonde sous.
  • Kies volgraanbrood, -rolletjies en -wraps eerder as wit stysel.
  • Oorweeg gesonde bestanddele om saam met jou roomys te eet, soos sjokolade-piesang of vrugteslaai. Geroosterde vrugte is ook heerlik! Die natuurlike suiker karamelliseer teen hoë hitte, wat dit ekstra soet en geurig maak.

Gebruik hierdie lekker resepte om jou braai-bykos ʼn bietjie gesonder te maak:

Groente-sosaties

Groente-sosaties (Foto: Verskaf/Pharma Dynamics)

Mieliemeel-en-mieliegebak

Mieliemeel-en-mieliegebak (Foto: Pharma Dynamics)

Blitsige boontjieslaai

Blitsige boontjieslaai (Foto: Lapa-uitgewers)

Groentegebak

Groentegebak (Foto: The Harvest Table)

Koolslaai met slaaisous

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Leonard ·

Braaivleis, bier en sonskyn, familie en vriende, dit is al wat daar moet wees, Miskien nog braai broodjie by, maar niks verder nie. Om trots Afrikaner te wees is om jou vleisie te braai en hoe ongesond ookal, net te geniet. dit is die hoofdoel, nie allerhande ander goed wat niks met vleisbraai te doen het nie.
Al hierdie bykosse is net ekstra skottelgoed en hou persoon besig waar jy die buitelug, die vlamme van die vuur en geselskap gaan misloop.
My boodskap is dus: Geniet jou vleisie sonder al hierdie volksvreemde groen, rooi en oranje goeters by:-)

Mauritz ·

Jy is volkome reg. Ook hier geld die KISS-beginsel: Keep it simple, stupid.

Scalla ·

Othou nog die advertensie, braaivleis, rugby, sonneskyn en chevrolet van die 80 s

Elize ·

Wat is lekkerder as ‘n stukkie braaivleis se vetjie nie om nie eers te praat van die varktjoppie nie. Eet maar julle groentetjies vir gesondheid want ook dit kan jou dood veroorsaak

Anoniem ·

150 Gram porsie vleis per ete? Julle bedoel seker 150 gram per vurklading.

koos10 ·

Vervang die bier ook nog met water, ek ek waarborg jou jy braai alleen!

Hoopvol ·

Ek kan nie glo vet word steeds so stief behandel nie. Ja, suiker is sleg en moet beslis beperk word. En ja, alle vette is nie ewe goed nie. Maar daar is soveel aanduidings dat ‘n lae-vet dieet bydra tot diabetes, siektes soos Alzheimers en oorgewig. Alles oor ‘n misleidende 1970’s misverstaan van hoe cholesterol werk – en ons samelewing betaal die prys vir lae-vet diëte met óns gesondheid…

Andre ·

Julle praat van ‘n barbeque met daai gebrande vleis. Ons Braai! Plaas eerder Braai reëls. En asseblief nie soos daardie tv kompetisie se mense wat net kap en kerm nie. Daar is net een vereiste, geen GMO enigiets nie!

Jan ·

Ag tog nie nog steeds op die “vet maak jou siek” bandwagon nie…. Tim Noakes het al oor en oor en oor bewys dier vet (die gesonde soort) is nie gevaarlik vir hart siektes nie, te veel suiker en koolhidrate is wat vet maak. Wanneer gaan dieetkundiges bykom?

OW ·

Ek stem dat te veel suiker en koolhidraat nie gesond is nie.As ‘n weeklikse oefen program gevolg word kan meer koolhidraat geëet word vir energie.Koolhidraat is gif vir ‘n passiewe leefstyl.Versadigde diervette is net so gevaarlik vir hartsiektes.Metaboliese verskille by mense veroorsaak dat sekere mense meer vatbaar is vir hartsiektes agv versadigde diervette.Jaarlikse ondersoek deur jou dokter om bloedvate na te gaan is baie belangrik.

johan ·

Hierdie braai wenke klink soos iemand wat op die punt is om gewig te verloor of nie vleis vir menlike gebruik wil braai nie. 500g t-bene met pap en sous is soos daar gebraai moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.