Soorte resepte:

Martelize Brink dis spekulaas op vir Ivan, Donnalee

In die vyfde episode van Martelize se stamtafel kuier die sepiesterre Ivan Botha en Donnalee Roberts saam met Martelize Brink. Hulle gesels oor hul Duitse en Nederlandse herkomste, kuier en kook saam Sauerbraten en gevulde spekulaas.

Martelize Brink se spekulaasresep. (Foto: Verskaf)

Maak Martelize se spekulaasresep só:

Bestanddele

  • 2½ k koekmeel
  • 2 t bakpoeier
  • 1 t koeksoda
  • 1 k bruinsuiker
  • 2 e spekulaasspesery (meng 1 t elk van fyn kardamom, kaneel, naeltjies, borrie, gemmer, neutmuskaat)
  • 160 g botter
  • 60 ml melk
  • 2 k amandelpasta (sien resep hieronder)
  • 1 eier, geklits
  • 1 k gevlokte amandels

Amandelpasta

  • 2 k geblansjeerde amandels
  • 2 k suiker
  • 1 t amandelgeursel
  • 1 eierwit

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Meng die meel, bakpoeier, koeksoda, bruinsuiker en spekulaasspesery saam.
  3. Voeg die botter en melk by die mengsel en bewerk tot dit ʼn deeg vorm.
  4. Indien dit te droog is, voeg nog melk by.
  5. Laat in die yskas rus vir 30 minute.
  6. Deel die deeg in twee gelyke dele en rol uit in die vorm van jou pan of pot.
  7. Smeer die pan of pot goed met botter en plaas die eerste deel van die deeg onderin.
  8. Plaas die amandelpasta in die middel en versprei tot so 2 cm van die rand van die spekulaasdeeg.
  9. Plaas die tweede deel van die deeg bo-op en druk liggies langs die kante toe.
  10. Verf die geklitste eier bo-oor.
  11. Strooi gevlokte amandels bo-oor.
  12. Bak vir 40 minute of tot goudbruin.
  13. Vir die amandelpasta: Plaas die amandels en suiker in ʼn voedselverwerker en verwerk tot goed fyn. Voeg die amandelgeursel en eier by en blits verder tot ʼn pasta vorm.

Het jy geweet?

  • Hoewel “Botha” ʼn eg Suid-Afrikaanse van is, kom dit eintlik van die Duitse “Both” wat, toe Duitsers vir die VOC kom werk het, vernederlands is.
  • Donnalee kan haar Roberts-familie terug volg tot in Wallis en aan haar oumagrootjie se kant is sy ook ʼn afstammeling van baron Pieter van Rheede van Oudtshoorn.

Martelize se stamtafel is Woensdag om 17:00 op VIA, DStv-kanaal 147, te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kobus ·

Alles waaraan Martelize Brink raak, verander in goud. Skitterende aanslag!

Anonymouse ·

Oooh ek is mal oor Spekulaas! Ek moet hierdie ene boekmerk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.