Soorte resepte:

Martelize Brink se Duitse eenpotgereg

Martelize se eintopf, ʼn tradisionele Duitse eenpotgereg uit die 1800’s. (Foto: Verskaf)

In dié week se episode van Martelize se stamtafel kuier die teaterveteraan Antoinette Kellerman saam met Martelize Brink. Hulle gesels oor Antoinette se Duitse herkoms en Martelize sit eintopf, ʼn tradisionele Duitse eenpotgereg uit die 1800’s, voor.

Maak Martelize se eintopf só:

Bestanddele

  • 500 g lamsvleis, in blokkies gesny (boud of skenkel)
  • 500 g stowebeesvleis, in blokkies gesny
  • 500 g varkvleis, in blokkies gesny (skouer of lies [belly])
  • olyfolie vir braai
  • 1 groot ui
  • 4 wortels
  • 200 g boerenkool (kale)
  • 4 preie, in ringe opgesny (onthou om dit goed te spoel of laat lê opgesnyde preie in water vir 15 minute)
  • 4 aartappels, in blokkies opgesny
  • ʼn liter hoenderaftreksel
  • sout en peper na smaak

Metode

  1. Braai die vleis in sarsies tot bruin en verwyder uit die pot.
  2. Braai uie tot bruin.
  3. Sit die vleis terug in die pot.
  4. Voeg die groente en die aftreksel by die pot en geur na smaak.
  5. Prut vir 1½-2 uur tot die vleis sag is.

Het jy geweet? “Kellermann” kom van middelhoogduits vir kelderman. Nadat dit hier aangekom het en vernederlands is, het die dubbel-“n” in baie gevalle weggeval. Die hoofstamvader, Georg Peter Kellermann, het in die laat 1700’s van Düsseldorf af as geneesheer Kaap toe gekom.

Martelize se stamtafel is Woensdag om 17:00 op VIA, DStv-kanaal 147, te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

groenboer ·

Haha, dit was amper presies my gedagte ook: dit is basies potjiekos. Maar ek hou nogal van kool in die mengsel. :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.