Soorte resepte:

Martelize Brink se tradisionele mosselpot

Martelize Brink se tradisionele mosselpot. (Foto: Verskaf)

In die vierde episode van Martelize se stamtafel kuier die aktrise Jill Levenberg saam met Martelize. Hulle gesels oor Jill se Belgiese en Nama-herkoms. Hulle kuier in die kombuis en maak mosselpot, roosterkoek en sjokolademousse.

Maak Martelize se tradisionele mosselpot só:

Bestanddele

  • 2 kg vars mossels
  • 1 ui, klein opgesny
  • 2 knoffelhuisies, opgesny
  • 2 stronke seldery, klein opgesny
  • 1 k witwyn

Metode

  1. Verwyder die baard van die mossels.
  2. Gooi enige mossels wat oop is weg.
  3. Braai die ui stadig tot deurskynend.
  4. Voeg die knoffel by en braai vir ʼn paar minute.
  5. Voeg die seldery en witwyn by en prut vir 2 minute.
  6. Voeg die mossels by en kook vir ongeveer 5 minute op hoë hitte of tot al die mossels oopgemaak het.
  7. Gooi alle mossels wat nie oopgemaak het nie weg. Dit is oneetbaar.
  8. Sit voor met aioli of mayonnaise en slaptjips.

Het jy geweet? “Levenberg” het ʼn Joodse oorsprong in die dorp Leeuwenburg in Wes-Vlaandere, België. Jill Levenberg se oupa se oupa is die Suid-Afrikaanse stamvader, David Levenberg.

Martelize se stamtafel word Woensdag om 17:00 op VIA, DStv-kanaal 147, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.