Hierdie broodjies is baie maklik om te maak. Verander gerus die bestanddele na dit wat jy in die yskas beskikbaar het!
Bestanddele:
Een franse brood (lank)
Basieliepesto
Kersietamaties
Olywe
Mozzarellakaas
Vars basielieblare
Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer die broodjies met basieliepesto en versier die helfte met olywe, en gerasperde kaas en die ander helfte met kersietamaties en gerasperde kaas. Rooster die broodjies vir ongeveer 8 minute in die oond, net tot die kaas gesmelt het. Plaas een vars basieliekruidblaartjie op elke broodjie, en bedien warm.
Geniet!
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Klink lekker! Ek sal ‘n paar druppels olyfolie en balsamiese asyn probeer wanneer die broodjies uit die oond kom…
Dit klink heerlik, Johan! :)