Soorte resepte:

Melktertdag: Deel jou gunstelingresep, -herinnering

Maroela-melktert (foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Die gedagte aan ʼn tuisgebakte melktert is genoeg om menige Suid-Afrikaner met heimwee te laat terugdink aan gesellige familiekuiers in ouma se kombuis.

Op 27 Februarie is Nasionale Melktertdag en ter viering van dié eg Suid-Afrikaanse soetigheid wil Maroela Media by lesers weet wat hulle gunstelingresep, -herinnering of -tradisie is.

Miskien is dit die geur van kaneel, die knus atmosfeer wanneer iemand dit op ʼn reënerige dag vir jou maak, of daardie “flatervrye” familieresep wat dekades al deel van jul erfenis is.

Om nie eens te praat van al die verskillende variasies wat oor die jare in die volksmond gaan lê het nie: van skilfer- en krummelkors tot korslose en klein happie-melktertjies.

Word ʼn melktertmeester

Of jy nou vieruur al in die kombuis staan om voor sonsopkoms te bak en bekommerd is daaroor om die veerligte lagies in die deeg te kry en of jy die vinnigste, maklikste resep wil probeer, koop solank dié baie spesiale Melktertmeester-stel in Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie, vir slegs R250,00.

Dié stel bevat alles wat jy nodig het en moet weet om ʼn melktertmeester te word: wenke van ʼn melktertmeester, twee resepte (ʼn maklike en vinnige melktertresep en ʼn melktertresep vir diegene wat hul geliefdes wil beïndruk), die mooiste maroelaboom-stensil om jou liefde vir Afrikaans en melktert te bewys, ʼn bietjie kaneel en boonop ʼn boereporselein-blikbord om jou varsgebakte melktert in voor te sit.

Vier Melktertdag saam met Maroela

Laat weet ons deur die onderstaande vorm in te vul en só jou spesiaalste, oorspronklikste of gewildste melktert-oomblikke met Maroela Media se lesers te deel.

Die vorm is gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Jou inskrywing waarborg nie dat jou resep, storie en/of foto gepubliseer gaan word nie.
  • Maroela Media se redaksie sal ʼn keur van sommige lesers se gunstelingresep, -herinnering of -tradisies op 27 Februarie (Nasionale Melktertdag) op Maroela se webwerf publiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.