Soorte resepte:

’n Dosyn redes hoekom eiers goed is vir jou

Eiers is ʼn stapelvoedsel in amper elke huis. Dit is bekostigbaar, vullend en kan op ʼn magdom verskillende maniere gebruik word. Gelukkig is eiers boonop ook goed vir jou en ʼn goeie bestanddeel om in ʼn gebalanseerde dieet in te sluit.

As jy soek na inspirasie om eier in jou dieet in te sluit, probeer gerus hierdie resepte vir vegetariese quiche, deftige ontbytbroodjie of haastige ontbytbakkies.

Die onderstaande voordele is blyk uit navorsing wat die afgelope tien jaar gedoen is oor eiers:

  1. Eiers verhoog immuniteit

Eiers is ryk aan vitamien A en selenium, wat belangrike nutriënte is vir die optimale funksionering van jou immuunstelsel. Die immuunstelsel help om virusse, bakterieë en ander siektes te beveg.

  1. Eiers is voordelig vir jou oë

Eiergeel is goed vir jou oë omdat dié deel luteïen en seaxantin bevat. Hierdie nutriënte verlaag die risiko op katarakte en makulêre degenerasie (verkalking van die retina), wat die grootste oorsaak vir blindheid onder ouer mense is.

  1. Eiers is voordelig vir jou hart

Hoewel eiers cholesterol bevat, sal jou cholesterolvlak nie noodwendig verhoog as jy eiers eet nie. In vergelyking met mense wat glad nie eiers eet nie, het mense wat daagliks eiers eet ʼn laer risiko vir hartsiektes en beroerte, én ʼn laer risiko om van hierdie soort toestande te sterf.

  1. Eiers is voordelig vir spiere bou

Eiers is ʼn goeie bron van proteïen; een groot eier bevat sowat 7 g proteïen. Wanneer die inname van proteïen met weerstand-oefeninge gepaard gaan, word spiere beter gebou en herstel. Daar is ook bevind dat spiere beter gebou word wanneer heel eiers direk ná weerstandsoefeninge gedoen word, eerder as slegs die eierwit.

  1. Hele eier is voordelig, nie net die wit nie

Terwyl die eierwit proteïen, selenium en vitamien B bevat, is daar baie goeie voedingswaarde in die eiergeel. Die eiergeel bevat gesonde vette en die helfte van die proteïen van die hele eier. As jy dit vermy om die eiergeel te eet, verbeur jy ook die voordeel van vitamien D en yster.

  1. Eiers is voordelig vir vegetariërs

Al meer mense volg ʼn vegetariese dieet en eiers is ʼn goeie manier om steeds die nodige nutriënte in te neem. Een groot eier bevat sowat 44% van die aanbevole daaglikse vitamien B12-inname.

  1. Eiers is voordelig in ʼn beperkte dieet

ʼn Omelet vir middagete kan jou help om meer versadig te voel en sal jou selfs help om minder tydens die volgende maaltyd te eet, het ʼn studie in 2011 bevind.

  1. Eiers is voordelig tydens swangerskap

Die noodsaaklike nutriënt vir swanger vroue is cholien, wat ʼn groot rol speel in die ontwikkeling van die baba se brein en senuweestelsel. Eier bevat cholien, wat eiers ʼn goeie dieetkeuse maak tydens swangerskap.

  1. Eiers verbeter kinders se ontwikkeling

ʼn Amerikaanse studie het getoon dat ʼn kind se ontwikkeling merkwaardig verbeter as die kind vroeg (van ses tot nege maande) eier inneem.

  1. Eiers is veelsydig

Roereiers, ʼn quiche, frittatas of gekook – eiers kan enige tyd van die dag en in enige vorm geniet word.

  1. Eiers is koste- effektief

In vergelyking met ander proteïen soos vleis, hoender en vis, is eiers ʼn relatief goedkoop manier om proteïen in te neem.

  1. Jy kan eiers elke dag eet

Die departement van gesondheid moedig Suid-Afrikaners aan om eiers met oorleg deel te maak van hul daaglikse dieet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Adam Adriaan ·

Hoera hier het al die ou slim profesors wat altyd twak gepraat het oor eiers , hulle moses teë gekom.

Chris ·

Kan jy nou meer. Ek kan onthou toe die eet van hoendereiers as ‘n doodsvonnis geag is. Volgens die slim manne van daardie tyd het dit oa cholesrol bevorder en selfs hartkwale te weeg gebring. Wat is volgende wat deur die slim manne met die dik brille uitgedink word.

Dr Pieter ·

So gaan ons deur siklusse van kosse wat verboten is en dan weer hoog aanbeveel word en selfs noodsaaklik is vir mens se diëet. Eens was rooivleis, aartappels, eiers, botter, volroom melk en kaas onder die groot sondebokke. Nou is dit baie gesond. (Was nog altyd.)
So is ondere andere suiker en sout nou taboe! Margarien was eens wonderkos met al sy gesonde vette, nou is botter weer beter.
Ek eet en drink nog altyd waarvan ek hou en lag maar in my mou vir al die “kundiges” wat vertel hoe sleg sekere kos vir mens is. Wens hulle wil besef hoe goed sjokolade vir ‘n mens is (grappie.)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.