Soorte resepte:

’n Gesonde leefstyl is allermins ’n straf

(Foto: Ella Olsson/ Unsplash)

Denise Robertson en Anelia Fleetwood, die twee dinamiese vroue aan die stuur van die gesondheidsonderneming Sublime with Lime wat in George gesetel is, het onlangs met Maroela Media gesels oor klein leefstylveranderings wat groot vrug sal afwerp.

  1. Wanpersepsie oor gesondheid

Robertson het verduidelik dat baie mense hulle teen die term “gesondheid” blind staar. “Die regte betekenis van gesondheid en gesond lewe raak ʼn bietjie verlore. Mense gebruik kitsdiëte om gewig te verloor, wat hulle regkry, maar dit beteken nie noodwendig dat hulle nou gesond is nie. Gewigsverlies en gesondheid is nie noodwendig dieselfde ding nie.”

  1. Kitsdiëte werk nie op die lange duur

Wanneer jy te min eet of sekere voedselsoorte uitsny ter wille van ’n dieet, is jy dikwels meer ongesond as enige iets anders. “Jy lyk dalk goed, jy verloor 10 kilo’s – maar jou geestesgesondheid is daarmee heen, jou vel lyk sleg en jy voel nie noodwendig so goed as wat jy lyk nie.”

  1. Luister na jou liggaam

Gesondheid gaan nie vir Robertson oor hoe iemand voorkom nie. “Ja, dit is ’n aspek daarvan – as jy die regte voedselsoorte eet, genoeg slaap en genoeg water drink – gaan jou vel beter lyk. Jy gaan gewig verloor, maar vir my gaan dit oor hoe jy voel. Byvoorbeeld, ek eet al my hele lewe lank brood, ek het nooit gedink dat daar iets fout daarmee is nie. Ek het wel elke keer nadat ek brood geëet het maagkrampe gekry en nie lekker gevoel nie. Ons het dit maar toegeskryf aan ’n stadige metabolisme, ongeag of dit waar was of nie.”

  1. Begin stadig

Geduld is baie belangrik wanneer dit by gewigsverlies kom. “Wanneer jy op ’n kitsdieet gaan maar nie dadelik gewig verloor nie, is dit maklik om moed te verloor. Dis hoekom jy jouself tyd moet gee om iets soos suiker of verfynde stysel uit jou dieet te sny. Die gesondheidsboek wat ek hieroor gelees het, het eintlik gesê een ding per week – maar ek het een ding elke drie weke uitgesny.” Dit is baie moeilik vir jou liggaam aan te pas by ’n leefstyl waaraan jy glad nie gewoond was nie. Wees geduldig met jouself.

  1. Gesondheid is ’n reis

Wanneer jy jouself in ’n blik druk om gewig te probeer verloor, gaan dit nie werk soos dit moet nie. “Neem ’n paar maande, maak klein veranderings elke nou en dan, moenie verwag om alles in twee of drie maande te verloor nie.” Dit is ook belangrik om te weet dat hierdie gesondheidsreis geestelik moet wees – om van binne af buite heel te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.