Soorte resepte:

’n Kookboek met Ma se lekkerste resepte

Met Moedersdag net om die draai dink ons terug aan alles wat ʼn ma so spesiaal maak: die manier hoe sy weet wat in jou kop aangaan, ʼn drukkie op die regte tyd en natuurlik daardie lekker manier waarop sy al jou gunsteling-geregte kan maak.

Vanjaar het McCain ʼn maklike manier geskep om al jou ma se resepte in ʼn resepteboek byeen te bring. Jy kan kies of die boek slegs jou ma se resepte moet bevat, en of dit ook nuwe resepte kan insluit.

Dié kookboek-skepper laat jou toe om jou eie verpersoonlikte kookboek van 48-bladsye saam te stel met jou en/of jou ma se lekkerste resepte – met geheime bestanddele, aantekeninge en foto’s ingesluit. Die kookboek kan digitaal saamgestel word met jou naam op die voorblad, dit word dan gedruk en word by jou huis afgelewer.

“Familie is die hart van alles wat ons doen, so ons wou vir families die geleentheid gee om hul gunsteling-resepte met mekaar te deel terwyl ons ook maklike resepte aan hulle kan voorstel,” sê Danielle de Villiers, senior handelsmerkbestuurder by McCain.

Sy meen ook hierdie soort kookboek is die ideale geskenk vir jong volwassenes wat binnekort die huis verlaat en hul eie potjie gaan moet krap.

“Die deursnee jong volwassene is gedruk vir tyd, onder baie druk van werk of studies en eet baie keer sommer so in die verbyloop. Dit maak ongesond eet iets alledaags. Maar ʼn gesonde dieet is uiters belangrik, so hier is ʼn paar wenke as jy vir die eerste keer vir jouself moet kosmaak.”

  1. Beplan vooruit

Deur jou maaltye vooruit te beplan en te berei kan jy gesonder eet én boonop geld bespaar. Begin deur ʼn rowwe eetplan op te stel vir die volgende week of twee en probeer om repetisie te voorkom. Berei solank voor wat jy kan en hou dit in die yskas of vrieskas vir die gereg wat jy wil maak.

  1. Maak kook pret

Kosmaak hoef nie ʼn straf of taak te wees nie, dit kan ʼn lekker aktiwiteit wees om te doen. Speel musiek, skink ʼn glas wyn, of gebruik die tyd om na jou gunsteling-potsending te luister. Dink aan kook as ʼn manier om te ontspan en tyd op jou eie deur te bring.

  1. Gebruik jou vrieskas

Jou vrieskas sal jou beste vriend word wanneer jy op jou eie bly, omdat jy oorskietkos kan vries vir later en dit ʼn maklike en vinnige alternatief word wanneer jy nie wil kosmaak nie. Gevriesde groente is ook veral ʼn maklike manier om nutriënte in te neem sonder die geskil en gekap.

  1. Gebruik bekende resepte

Maak geregte wat jy ken om te voorkom dat jou poging misluk. Daarom is dit lekker om ʼn resepteboek byderhand te hê, veral as dit jou ma se resepte is en jy kan leer om dit self te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Nou pra' jý

Jy moet deel van Maroela-fontein wees om kommentaar te lewer.

of word deel

Geen kommentaar