Soorte resepte:

Nuwe natuurlike pienk sjokolade nou in SA

My Sugar in Kaapstad het onlangs die kosgier begin volg (Foto: Instagram via My Sugar)

Robynsjokolade, wat ʼn ligpienk kleur het, is ’n nuwe uitvindsel wat koskenners laat regop sit omdat dié kleur nie van kleursel af kom nie, maar die kakaoboon se natuurlike kleur is.

Robynsjokolade het onlangs ook amptelik in Suid-Afrika aangekom en is nou in verskeie winkels beskikbaar.

Tot ʼn jaar gelede het die wêreld slegs geweet van witsjokolade, melksjokolade en donkersjokolade, maar nou kan ook Suid-Afrika spog met robynsjokolade. Dit is die eerste “nuwe” sjokoladegeur na Nestlé 80 jaar gelede witsjokolade onthul het.

Robynsjokolade is in September 2017 in Sjanghai bekendgestel deur Barry Callebaut, ʼn bekende Switserse sjokolade-en-kakao-maatskappy. Die sjokolade word gemaak van ʼn bestaande robynkakaoboon, en die smaak daarvan word beskryf as soetsuur, bessiegeurig en vrugtig.

Robynsjokolade (Foto: Instagram via Chocoloza)

Eatout het vroeër berig dat die kleur van die robynsjokolade eintlik meer melkskommel-pienk is as robyn, maar dat Barry Callebaut daarop aandring dat dit “rooierig” is – moontlik om die onvermydelike geslagsassosiasie met pienk af te weer.

Barry Callebaut het gesê dié sjokolade word gemaak van ʼn kakaoboon wat natuurlik die kleur en vrugtigheid van die robynsjokolade het en dat geen kleursel bygevoeg word nie.

Suid-Afrika het ook onlangs hierdie kosgier begin volg met sjokoladewinkels soos My Sugar in Kaapstad en Chocoloza in Johannesburg wat hul eie robynsjokoladeprodukte begin ontwikkel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

DANKIE TOG ·

Daar kan net nie te veel verskillende soorte sjokolade wees nie. Hou aan soek, hopelik vat die mense nie weer 80jaar voor hulle meer soorte sjokolade ontdek nie.

Oljetter ·

Kan die skrywer dalk beduie hoeveel sjokolade daar in “witsjokolade” is?

Johnnie ·

Dis nou n sjokolade net vir meisies en nie vir seuns nie want dit is meisiekleur PIENK. Seuns hou mos van bruin want dit laat hulle altyd dink aan toe hulle vol modder was en dan nog sjokolade ge-eet het. ha ha ha ha .

bgj van der westhuizen ·

dit is nou net die regte een vir suid afrika wand daar kan geen ras met dit verbin hou nie

Sandy ·

Barry is seker bang mense dink dis die Pink Panther sjokolade van jare terug. Was lekker tjokkies.

Ian ·

Wit, pink, bruin. Hy kom net tweede met my! Bring hom pappie! Bring hom…

Cherokee ·

Hopelik sal daar ‘n weergawe wees met dwerg rissies daarin. Rissies is heerlik en gesond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.