Soorte resepte:

Nuwe SA kosprogram binnekort op die kassie

Nazeem Homes in Snoek & Patat (Foto: Verskaf)

Suid-Afrikaanse kosliefhebbers kan uitsien na ’n splinternuwe kosmaakprogram genaamd Snoek & Patat wat eersdaags op hul televisies te sien sal wees.

Dié program beloof om op regte “huiskos” te fokus en ’n nuwe vonk in jou kombuis te sit.

Nazaam Holmes (Homer), ’n 45-jarige Suid-Afrikaner wat die afgelope 15 jaar optree as komediant, afrigter en diversiteitspreker, sal die program aanbied.

“Nadat Homer in ’n ernstige motorongeluk betrokke was, het hul omstandighede drasties verander wat veroorsaak het dat hy ’n tuisbly-pa geword het. Hy spot ook dat hy as “Homer the Desperate House Husband” bekendstaan,” lui ’n verklaring.

“Homer se liefde vir kosmaak kom al van kleintyd saam met hom.  Hy het heerlike resepte by sy  tannies, oumas en sy ma geërf en aangesien hy daagliks geregte vir sy huisgesin moet voorsit, is hy ’n kranige huiskok.”

ʼn Verskeidenheid lekker kosse sal op Snoek & Patat te sien wees, soos Homer se vrou se gewilde klam sjokoladekoek, herderspastei, macaroni-en-kaas, heerlike diepgebraaide skaaptjops, “butter chicken”, malvapoeding en nog ander lipleklekker geregte.

Snoek & Patat se eerste uitsending vind op 7 Mei om 19:30 plaas op OnseTV, kanaal 462.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elmarie Smit ·

Hoop dit is beter as die gemors wat ons elke aand moet aanskou op Kyk-Net en Via

Kannaland ·

Nou begin jou eie youtube kanaal waarin jy vir ons beter vermaak bied. Ek stem saam, daar is baie gemors maar daar is goeie programme ook. Ongelukkig dryf daardie mediahuis n baie sterk linkse agenda, daarom sal dit goed wees as ons ons eie vermaak kan skep en via youtumbe of selfs hier versprei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.