Soorte resepte:

Olyfolie reeds 8 000 jaar gelede in Israel gebruik

So lyk die kruike waarin die oorblyfsels van die olyfolie gekry is Foto: IAA

So lyk die kruike waarin die oorblyfsels van die olyfolie gekry is Foto: IAA

Die bewyse vir die oudste gebruik van olyfolie in Israel en moontlik die hele Middellandse Seegebied is in die laerliggende dele van Galilea gevind, berig die Jerusalem Post.

Die oorblyfsels van die olie is in kleipotte gevind wat argeoloë tussen 2011 en 2013 by Ein Tzipori gevind het.

Dit was reeds bekend dat die mense in die omgewing van die teenswoordige Israel destyds olyfolie moes gebruik het, nadat argeoloë tydens ’n ondersese ondersoek suid van Haifa op die oorblyfsels van ’n olie-bedryf afgekom het.

Die vonds by Ein Tzipori was egter die eerste bewys dat olyfolie inderdaad gebruik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.