Soorte resepte:

Ons vier Melktertdag!

Alles wat jy nodig het om ‘n melktertmeester te word – vir slegs R250-00

Melktert is so eie aan ons Suid-Afrikaners soos braaivleis en koeksisters en dié veelsydige dis spog boonop jaarliks met sy eie spesiale dag op 27 Februarie!

Riana Mulder, outeur van die resepteboek Deur dik en dun en die bestuurder van versamelings by die Erfenisstigting, sê baie lande in die wêreld het ʼn soort variasie van melktert wat eie is aan dié lande, maar dat Suid-Afrikaanse melktert uitgeken kan word aan die kaneel of kaneelsuiker wat bo-oor gestrooi word.

“Dié soort vlatert kom oorspronklik van die Romeine af, maar wat dit Suid-Afrikaans maak is die kaneel of kaneelsuiker wat bo-oor gesprinkel word.”

Elke behoorlike familieresepteboek spog gewoonlik met ʼn “flatervrye” melktertresep en dié dis kan verskillende baadjies aantrek: van ʼn yskoue stukkie melktert wat met kondensmelk aangemaak is (en waarvoor jou ouma haar wenkbrou sal lig en die basaartannies sal kopskud en sê “dis nie ʼn regte melktert nie”), of ʼn stukkie melktert wat pas uit die oond kom met kaneel daaroor gestrooi wat jou herinner aan al die nostalgie van lekkerkuier in die kombuis.

Alles wat jy nodig het om ‘n melktertmeester te word – vir slegs R250-00

Of jy nou vieruur al in die kombuis staan om voor sonsopkoms te bak en bekommerd is daaroor om die veerligte lagies in die deeg te kry en of jy die vinnigste, maklikste resep wil probeer, koop nou dié baie spesiale Melktertmeester-stel in Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie, vir slegs R250-00.

Dié stel bevat alles wat jy nodig het en moet weet om ʼn melktertmeester te word: wenke van ʼn melktertmeester, twee resepte (ʼn maklike en vinnige melktertresep en ʼn melktertresep vir diegene wat hul geliefdes wil beïndruk), die mooiste Maroelaboom-stensil om jou liefde vir Afrikaans en melktert te bewys, bietjie kaneel en boonop ʼn boereporselein-blikbord om jou varsgebakte melktert in te bedien.

  • Bederf jouself of iemand met ‘n soettand met ‘n Melktertmeester-stel in Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.