Soorte resepte:

Outydse melkkos

Argieffoto

“Daar is baie melkkosresepte daar buite, maar hierdie resep van my ouma Engela bly ʼn wenner. Dit neem effens langer om te maak, maar is regtig baie lekker,” skryf Emsie van Vuuren. Hier volg haar resep:

Bestanddele:

10 ml bakpoeier
2 ml sout
7 koppies melk
50 ml witsuiker
60 g koekmeel; ekstra sowat ½ koppie eenkant
50 ml margarien, gesmelt
3 eiers, geskei
Kaneelsuiker

Metode:

  1. Meng die meel, bakpoeier en sout.
  2. Klits 1 koppie melk en die droë bestanddele tot ʼn pasta.
  3. Verhit die res van die melk tot kookpunt.
  4. Klop die gesmelte margarien by die pasta.
  5. Klits die eiergele en suiker tot donsig.
  6. Klop dit by die pasta.
  7. Voeg bietjie van die kookmelk by die pasta en meng
  8. Meng die res van die melk geleidelik by.
  9. Kook die mengsel oor lae temperatuur tot gaar – dit neem so wat 1 minuut. Maak seker dat jy dit deurentyd met ʼn draadklitser klop om te voorkom dat dit klonte maak.
  10. Laat effens afkoel.
  11. Vou die styf geklitste eierwitte in.
  12. Bedien met baie kaneelsuiker. Dit werk goed om ʼn lagie kaneelsuiker onderin ʼn bakkie te skep, dan ʼn laag melkkos, weer ʼn lagie suiker, ʼn laag melkkos en dan ʼn laaste lagie suiker.

Die resep lewer sowat 2 liter melkkos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Melvyn.J.Michaels ·

Die lekkerste melkkos wat ek nog geeet het – ek beveel dit aan.

Mags duP ·

Wil net vra: maak die meel “frimmeltjies” as dit gemeng word, hierdie klink asof dit soos witsous sal wees? Ek het grootgeword met melkkos wat frimmeltjies ingehad het, nie glad was nie. hierdie resep klin wel baie lekker – kan nie wag vir koeler weer om te maak nie!

Christo ·

FANTASTIES, toe ons dit maak toe begin die reuke van my kinderdaë in ny ouma se kombuis.

DANKIE

HR ·

Wat n gemors – sit met n pot warm melk…die resep kan nie reg wees nie. 60 g meel???

Hugh ·

HR jy het dit sekerlik nie reg gemaak nie, ek kook amper nooit en myne het 100% lipleklekker uitgekom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.