Soorte resepte:

Proe’toria: Waar kos en klank ontmoet

proetoria-logo.jpg

Saterdag 5 September is dit weer tyd vir Proe’toria!

Promosie

Skets vir jouself die prentjie … die heerlikste kos, uitgesoekte wyn, goeie koffie, ʼn jenewer vol lekkernye, musiek uit die boonste rakke, terwyl vriende en familie heerlik saamkuier op lowergroen gras in ʼn mooi tuin …

Wel, dié prentjie kan ʼn werklikheid word, want op Saterdag 5 September is dit weer tyd vir verruklike geure en mooi klanke om te ontmoet. Feesgangers kan uitsien na Proe’toria by die Pretoria Botaniese Tuin waar van die land se voorste kunstenaars gaan optree en ʼn verskeidenheid unieke kosstalletjies jou gaan verlei.

“Goeie kos en musiek gaan hand aan hand en ek sien so uit om vanjaar deel van Proe’toria te kan wees,” sê Jo Black. Hy deel die verhoog met kunstenaars soos Karen Zoid, Die Heuwels Fantasties, Riana Nel, Refentse, Early B, Janie Bay en nog vele meer. Thabiso Khambule, gewilde Jacaranda FM-persoonlikheid, gaan die gasheer wees wat ook deur die dag verskeie pryse gaan weggee.

 proetoria_02.jpg

Daar gaan meer as tagtig uitstallers wees van reg oor die land (foto: Proe’toria Facebook)

“Ek kan nie wag om al die mense met goeie smaak in musiek en kos te sien by Proe’toria nie,” vertel Karen Zoid opgewonde. En goeie kos gaan daar definitief wees. Van die beste jenewer, wyn vir die fynproewer, boetiekbier tot by tuisgemaakte konfyte en allerlei ander unieke disse, gaan geproe en geniet kan word. Daar gaan meer as tagtig uitstallers wees van reg oor die land. Ook die kleingoed gaan die dag in ʼn veilige speelpark kan geniet.

Proe’toria ploeg ook terug in die gemeenskap. Altesaam R15 van elke kaartjie gaan aan Caring Daisies geskenk word wat op hul beurt dit spesifiek vir die Droogtehulpfonds gaan toewys.

Natuurlik kan so ʼn geleentheid nie gebeur sonder die insette van borge en vennote nie. Hazelwood Wines & Spirits se Whitley Neill Gin is hierdie jaar se amptelike hoofborg wat Proe’toria moontlik maak in samewerking met EPH Group, The Marketing Zoo en Caring Daisies. Maroela Media is die amptelike mediavennoot en gaan ook die dag saamkuier.

Kry nou jou kaartjies! 

Foto: pixabay.com

Dit is ʼn heerlike dagfees! Die hekke open om 09:00 en sluit om 18:30. Kaartjies verkoop reeds soos soetkoek. Vir die mense wat gou spring, is kaartjies nog tot en met einde Maart teen ʼn afslagprys beskikbaar.

Daar is ook ʼn beperkte aantal BBP-kaartjies beskikbaar. Dit sluit in BBP-parkering, BBP-toegang, middagete, water en wyn.

Gaan kry nóú jou kaartjies by Tixsa. Vir meer inligting besoek gerus Proe’toria op Facebook, Instagram of Twitter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.