Soorte resepte:

Resep: Botterskorsie-en-fetatert

Botterskorsie-en-fetatert. (Foto: Lapa Uitgewers)

Dié tert sal beslis jou kuiergaste beïndruk.

Bestanddele

  • 1 k (250 ml) koekmeel
  • 1 k (250 ml) Clover­cheddarkaas, gerasper
  • 125 g Clover Mooirivier­botter, kamertemperatuur
  • 3 ml gemengde gedroogde kruie
  • 500 g botterskorsie, gekook en gesny in happiegrootte stukke
  • 1 e (15 ml) Clover Mooirivier-botter
  • 1 ui, gekap
  • 250 g Clover-fetakaas, in blokkies gesny
  • 6 basilieblare, stele verwyder
  • 3 eiers
  • 1 k (250 ml) Clover­volroommelk
  • ½ k (125 ml) Clover­suurroom
  • 1 e (15 ml) suurlemoensap
  • 50 ml parmesaankaas, gerasper
  • 3 ml mosterdpoeier
  • 3 ml sout
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Voorverhit oond tot 160 °C.
  2. Vir die kors: Meng al die bestanddele in ʼn voedselverwerker om ʼn sagte deeg te vorm. Druk die deeg eweredig in ʼn 24 cm-quichebak uit.
  3. Vir die vulsel: Rangskik die botterskorsie op die tertbodem. Verhit die botter in ʼn swaarboomkastrol en voeg die ui by. Souteer tot deurskynend. Skep die ui bo-oor die laag botterskorsie. Strooi die fetablokkies oor die ui en dan die basilieblare.
  4. Klits die eiers, melk, suurroom en suurlemoensap saam. Voeg die parmesaan, mosterd, sout en peper by. Giet mengsel oor die tert.
  5. Bak vir 45 minute of tot goudbruin.

Bron: Teepartytjie
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

domheks ·

Is daar nie sekere bestanddele vir die kors en ander vir die vulsel nie?
“Vir die kors: Meng AL???? die bestanddele in ʼn voedselverwerker om ʼn sagte deeg te vorm. Druk die deeg eweredig in ʼn 24 cm-quichebak uit.”

kaplyn ·

Die eerste 4 bestandele moet in die kors kom. Die res kom in die vulsel. Ek kon dit uit figuer. Ek dink julle behoor dit ook te kan doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.