ʼn Lekker gereg vir die hele gesin!
Lewer 4 porsies
Bestanddele
- 1 beesaftrekselblokkie
- 250 ml warm water
- 125 ml sojasous
- 80 ml bruinsuiker
- 2 knoffelhuisies
- 15 ml sesamolie
- 750 g lendebiefstuk (sirloin), in repe gesny
- 30 ml mielieblom
- 1 kg broccoli-blommetjies, of na smaak
- 500 ml gekookte jasmynrys
- 15 ml sesamsaadjies vir garnering (opsioneel)
Metode
- Krummel die aftrekselblokkie in die warm water in ʼn afsonderlike bakkie. Voeg die sojasous, bruinsuiker, knoffel en sesamolie by en roer om die suiker op te los.
- Plaas die beesvleis in die prutpot en giet die sous oor.
- Bedek die prutpot en stel dit op laag vir 6-8 uur (of hoog vir 4 uur).
- Skep 30 ml van die prutpotvloeistof in ʼn bakkie, voeg die mielieblom by en meng weer in die prutpot.
- Kook op hoog tot die sous verdik, omtrent 30 minute.
- Stoom die broccoli vir 2-6 minute, voeg in die prutpot en roer.
- Bedien met jasmynrys en garneer met sesamsaadjies.
Bron: 50 Prutpot geregte
Uitgewer: Lapa
Ek aanvaar die 125ml sjokoladesous is veronderstel om sojasous te wees…
Dagsê Zelna
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die artikel is reeds gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media
Dankie Megan.
Ek kan nie wag om die resep te probeer nie.
Lekker dag.
Vir die wat nie van broccoli hou nie, kan julle blomkool of enige ander groentesoort gebruik.
Vervang broccoli met blomkool of ander groente vir ‘n alternatief of as jy nie lief is vir broccoli nie.
Kan dit moontlik wees dat sirloin so lank geprut moet word??