Eet hierdie broodjie warm uit die oond saam met kaas of konfyt. Selfs die kleinspan sal daaraan smul!
Bestanddele:
- 5 ml koeksoda
- 200g ontpitte dadels, in stukkies gesny
- 250 ml kookwater
- 200 ml botter of margarien
- 200 ml suiker
- 3 groot eiers, geklits
- 5 ml amandelgeursel
- 10 ml bakpoeier
- 750 ml koekmeel
- 2 ml sout
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn groot broodpan of twee klein broodpannetjies.
- Strooi die koeksoda oor die dadels en giet die kookwater oor. Hou eenkant en laat afkoel.
- Room die botter en suiker tot lig en donsig. Klits die eiers en geursel by.
- Voeg die afgekoelde dadels by en meng dit deur.
- Sif die droë bestanddele en voeg dit by die dadelmengsel. Meng goed.
- Skep in voorbereide broodpan en bak vir ongeveer 45-60 min.
Bron: Marilyn kuier en kook
Uitgewer: Lapa
Dadelbrood klink heerlik!