Soorte resepte:

Resep: Driekaas-en-drieblaar-slaai

Driekaas-en-drieblaar-slaai. (Foto: Lapa Uitgewers)

Bedien dié slaai as bykos by jou volgende braai.

Lewer 6-8 porsies.

Bestanddele

Slaaisous

  • 50 ml olyf- of sonneblomolie of ½ van elk
  • 20 ml witwynasyn of wit balsamiese asyn
  • 3 ml sout
  • 3 ml mosterdpoeier
  • 5 ml suiker
  • 5 ml droë gemengde kruie
  • gemaalde swartpeper

Kaas

  • 100 g feta- of bokmelkkaas, in 1 cm-blokkies gesny
  • 100 g haloemi- of mozzarellakaas, in 1 cm-blokkies gesny
  • 100 g cheddar- of Tusserskaas, in 1 cm-blokkies gesny

Blare

  • 6-8 jong spinasieblare, gewas en drooggemaak
  • 6-8 slaaiblare (enige soort of gemeng), gewas en drooggemaak
  • 2-3 babakooltjies, buiteblare verwyder indien nodig

Om te bedien en te garneer

  • vars kruie en babatamaties of Peppadews
  • komkommerrepies of -skyfies

Metode

  1. Meng die slaaisousbestanddele en giet genoeg daarvan oor die kaas om dit oraloor te bedek. Bedek die bak en verkoel minstens een uur of oornag.
  2. Pak die spinasie- en slaaiblare opmekaar, rol op en kerf in dun repies. Kerf die kool in dun repies en meng al die repies liggies saam. Sprinkel ‘n bietjie van die slaaisous oor en meng liggies deur.
  3. Voer ‘n slaaibak of plat opdienbord met die blaarmengsel en skep die kaas bo-op.
  4. Garneer soos verkies en sprinkel nog ‘n bietjie slaaisous oor.

Bron: Braaigeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.