Soorte resepte:

Resep: Gebakte appelontbyt

Gebakte appelontbyt. (Lapa Uitgewer)

Kikker jou ontbyttafel met dié gebakte appelgereg op.

Lewer 10 porsies

Bestanddele

  • 6 middelslag appels, geskil en in blokkies gesny
  • 5 ml fyn kaneel
  • 30 ml suurlemoensap
  • 60 ml botter, by kamertemperatuur
  • 250 ml glutenvrye hawermout
  • 125 ml sorghummeel
  • 60 ml onverfynde bruinsuiker
  • 1,25 ml sout
  • 60 ml gekapte geroosterde pekanneute

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ʼn oondbak met kleefwerende kossproei.
  2. Meng die appels, kaneel en suurlemoensap versigtig in ʼn mengbak. Skep in die oondbak.
  3. Roer die res van die bestanddele goed saam en krummel bo-oor die appelmengsel.
  4. Bak 35-45 minute tot goudbruin.

Bron: Glutenvrye gebak 
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.