Soorte resepte:

Resep: Gerookte salm-en-avokado-toevoupakkies

Gerookte salm-en-avokado-toevoupakkies (Foto: Lapa Uitgewers)

Probeer hierdie gesonde gevulde toevoupakkies (wraps).

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 1 x 230 g-bakkie roomkaas
  • 200 g gerookte salm
  • 2 hande vol babaspinasieblare
  • 2 avokado’s, in skywe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 4 toevoupakkies (wraps)

Metode

  1. Smeer elke toevoupakkie met ʼn dun lagie roomkaas.
  2. Pak die gerookte salm, spinasie en avokado in lagies in die middel van elke toevoupakkie.
  3. Geur met sout en peper.
  4. Draai die toevoupakkie styf toe, sny in die helfte en bedien.

 

Bron: Lekker wraps

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.