Soorte resepte:

Resep: Geroosterde aspersies met lemoen-olyfsalsa

Geroosterde aspersies met lemoen-olyfsalsa. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie interessante bykos sal jou kuiergaste lekker laat smul.

Genoeg vir 4-6

Bestanddele

  • 250 g aspersies, onderpunte afgebreek
  • ¼ k (60 ml) gesmelte Clover Springbok-botter
  • sout en varsgemaalde peper

Lemoen-olyfsalsa

  • ¼ k (60 ml) gekapte Italiaanse pietersielie
  • 10 swart olywe, ontpit en fyngesny
  • 4 ansjovisfilette, fyngekap
  • 2 e (30 ml) kappertjiesaad
  • 2 t (10 ml) fyngerasperde suurlemoenskil
  • 1 t (5 ml) wit wynasyn
  • 3 e (45 ml) Clover Krush-lemoensap
  • 4 e (60 ml) olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Metode

  1. Verf die hotter oor die aspersies en geur met sout en peper. Rooster op ʼn baie warm braai of in ʼn riffelpan vir 2-3 minute aan ʼn kant. Draai die aspersies gereeld om.
  2. Rangskik op ʼn opdienbord. Kombineer die pietersielie, olywe, ansjovis, kappertjiesaad, suurlemoenskil en asyn in ʼn klein bakkie. Klits die lemoensap en olyfolie saam en roer dit geleidelik by die salsamengsel. Geur na smaak met sout en peper.
  3. Skep oor die aspersies en sit teen kamertemperatuur voor.

Bron: Gunsteling-braairesepte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.